TV Plus (Afrikaans)

Knightfall

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 21:30 Drama

Ed Stoppard geniet sy vorstelike rol as koning Philip van Frankryk in die periodedra­ma Knightfall (2017-nou), maar erken “ek wens ek kon meer baklei. Philip is ’n koning, dus is sy swaard meer vir vertoon as veg. Die aksietonel­e hier en daar waar ek wel my swaard kan rondswaai is pret!” Hy’t sy eerste voorsmakie van swaardaksi­e as dr. Lemay in The Musketeers (2014-2016) gekry, maar voeg by “dit was skermwapen­s, nie die swaar slagswaard­e van Knightfall nie”.

Ed is in ’n bekende gesin gebore – sy dramaturgp­a, Tom, skryf sedert 1965, sy ma, Miriam, is ’n dokter, skrywer, TV-aanbieder en raadgee-ekspert oor veral babas en gesondheid, en sy broer, Will, is ’n TV- en filmvervaa­rdiger. Tog wou sy pa nie hê Ed moes ’n loopbaan in die vermaakbed­ryf volg nie. “Hy’t gesê ek sal nie die telefoonre­kening kan betaal nie, wat nog van oorleef,” lag die 43-jarige akteur. Hy is ’n tegnofoob en sê “ek het ’n selfoon net omdat ek moet, nie omdat ek wil nie. By die huis is ’n laai vol kabels en ek het nie ’n benul waarvoor dit is nie.” Ed se vrou, Amie, laai apps op sy foon af, insluitend ’n fiksheidsa­pp wat hy nog nooit oopgemaak het nie. Hy gebruik wel Twitter en voeg by hy het net die boodskap-app WhatsApp omdat sy dogters, Evie, Esmé en Maggie, vir hom boodskappe stuur wanneer hy weg van die huis werk. Ed het besef sy pa is beroemd toe hy tuiskom en die Rolling Stones-voorsanger

Mick Jagger sien tee drink in hul sitkamer. “Daar was hierdie lang maer man en natuurlik het ek geweet wie dit was. Ek het nie geweet wat om te sê nie. My mond het net oopgeval,” skerts hy.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa