TV Plus (Afrikaans)

The Mindy Project

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

Elke TV-held het ’n vyand nodig en des te beter wanneer hulle oënskynlik vriende is, soos dr. Mindy en dr. Danny (Mindy Kaling en Chris Messina) in die komedieree­ks The Mindy Project (2012-2017). “Ek is senuagtig in ’n toneel saam met Mindy omdat sy so goed is,” erken Chris. “Sy maak dit pret om gemeen te wees – ons ding mee, want ons karakters is albei dokters en ons kompeteer as akteurs.”

Die 44-jarige is gevat op skerm, maar erken hy’s nie van nature snaaks nie. “Ek kan nie grappe vertel nie. Ek voel geïntimide­er. Gelukkig is my sêgoed alles in die draaiboek.” Anders as sy baas Mindy het Chris nie formele akteursopl­eiding nie. Hy het ná een semester aan die Marymount Manhattan College opgeskop en privaat lesse in New York geneem. Hy is eerstens ’n verhoogakt­eur, maar Chris se eerste rol op ’n erkennings­lys was in 1995 op TV, twee jaar voor sy amptelike verhoogdeb­uut. Hy’t in een episode van die regsdrama Law & Order (1990-2010) gespeel. Chris het nie besef hoe gewild The Mindy Project is nie tot ’n fan hom gekonfront­eer het.“Sy het uitgevaar oor hoe my karakter Mindy behandel. Ek het reageer met: ‘Jy weet ons speel net toneel, nè?’” Hy is nie op Twitter nie, want daar’s reeds ’n Chris Messina op die sosialemed­ia-platform. Dié Chris is ’n tegno-ekspert, wat die akteur sê hy nie is nie: “Ek het ’n slimfoon, maar is nie slim genoeg om dit te gebruik nie.” Hy hou ook nie van die kollig nie en hou sy seuns, Milo (11) en Giovanni (10), uit die openbare oog. Maar dis moeilik, want hul ma, Jennifer Todd, is ’n vervaardig­er, onder meer van die Oscar-seremonies van 2016 en 2017.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa