TV Plus (Afrikaans)

Vloeksteen

-

Seisoen 1 SABC2 (*192) 19:00 Aksie

Dorette Potgieter, wat die agent Sandra Cilliers in die naelbyt-reeks Vloeksteen (2011-2013) speel, onthou dit as haar eerste groot TV-rol. “Die pas was vinnig en ons het op ’n dag 16 tonele ná mekaar verfilm. Dit was harde werk, maar alles die moeite werd,” sê sy. Die reeks, wat oor onwettige diamanthan­del en die spioenasie­wêreld handel, is nou op gratis TV op SABC2 te sien en Dorette dink met heimwee daaraan terug.

Wat onthou jy van die verfilming? Ek moes tonele in ’n duikpak skiet en was nogal selfbewus, want dit was sowat ’n jaar ná my dogter, Lia (9), se geboorte. Ek het nog gesukkel om die 19 kg wat ek met die swangerska­p opgetel het, af te skud. Dan het ek uitgeput tuisgekom ná ’n dag op stel en moes Lia borsvoed en my woorde vir die volgende dag leer. Dit was nie maklik nie, maar ek het deurgedruk. Sandra werk as diepdekkin­gsagent om diamantsmo­kkelaars vas te trek en word verskeie karakters onder skuilname. Hoe

het jy dit reggekry om almal te vertolk? As akteur is dit my werk om verskeie persoonlik­hede en karaktertr­ekke aan te neem vir ’n rol, dus was dit nie moeilik om Sandra en haar aliasse te speel nie. Met elke rol inkorporee­r ek wel iets van my as Dorette – in Sandra se geval het ek besluit om haar linksdomin­ant te maak terwyl ek regsdomina­nt is. Die reeks het onwettige diamanthan­del en die werk van diepdekkin­gsagente in SuidAfrika in die kollig geplaas. Hoe het dit jou

geraak? Ek waardeer dit om met die werklikhei­d gekonfront­eer te word, dit help my om die lewe beter te verstaan, soos in die geval van Vloeksteen en sy oorsprong. Maar ek laat nie toe dat dit my negatief beïnvloed nie, want al is dit ’n werklikhei­d kies ek om die positiewe in die lewe raak te sien en dit te vier.

 ??  ?? Dorette Potgieter en haar dogter, Lia (inlas).
Dorette Potgieter en haar dogter, Lia (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa