TV Plus (Afrikaans)

RATELRAAIS­EL

Is dit Rickus se laaste geveg?

-

7de Laan Weekdae SABC2 (*192) 18:00

Dit is ’n donker dag in Hillside op Woensdag 26 September: Rickus (André Lotter) is skoonveld en sy familie is oorgehaal om agter die kap van die byl te kom. Sy ma, Mariaan (Deirdre Wolhuter), is desperaat om hom in die hande te kry. “Haar kinders is haar alles,” sê Deirdre. “Rickus is haar witbroodji­e, hulle het ’n hegte band. Die feit dat sy nie weet waar hy is nie, maak haar mal.” En ongelukkig gaan Mariaan se grootste vrees op Vry- dag 28 September waar word – Rickus is dood . . .

VEG TOT DIE EINDE

“Rickus se hele lewe het verander sedert hy (op Vrydag 14 September) by die ondergrond­se gevegklub Leef Of Ly betrokke geraak het,” sê André. Hy het die vegterpers­ona van Ratel aangeneem en ’n ratelslang op die hansworsma­ker, waarmee al die vegters meeding, geteken en sy opponente keer op keer verslaan. “Dit het hom weer sy selfvertou­e teruggegee en sy probleme met impotensie opgelos,” voeg André by.

Maar dinge het op Vrydag 21 Sep- tember lelik skeefgeloo­p toe Ratel teen sy taaiste opponent, die vegter Arend, baklei het. Die geveg was gewelddadi­g en met een hou teen die kop was Arend die kampioen en Ratel se lewelose liggaam het agtergebly.

Die mediese personeel van die ondergrond­se gevegklub het op Maandag 24 September van Rickus se liggaam ontslae geraak. En toe Rickus nie by die T&T-sportwinke­l vir werk opdaag nie en niemand hom in die hande kon kry nie, het sy familie en vriende bekommerd begin raak.

JUSTIN WEET MEER

Justin (Dann-Jaques Mouton), wat Rickus eintlik by Leef Of Ly ingesleep het, se gewete begin hom op Woensdag 26 September pla wanneer hy hoor Rickus is steeds soek. “Hy weet Rickus is dood. Hy was daar toe dit gebeur het,” vertel André. “Maar hy is huiwerig om met die waarheid uit te kom, want dan onthul hy sy eie onwettige deelname.”

Teen Donderdag 27 September ontaard Mariaan in ’n tierwyfie van bekommerni­s, sê Deirdre. “Sy is woedend dat hulle nog niks oor Rickus se verdwyning uitgevind het nie. Sy soek net haar seun terug en sal enigiets doen om hom weer te sien.”

ONTKENNING

Rickus se kar word op Vrydag 28 September net buite Hillside in ’n verlate veld aangetref, met sy bebloede klere in. Die Welmans kan dit nie glo nie en vrees die ergste. Maar Mariaan het nog ’n bietjie hoop en weier om te glo haar seun is dood. “Sy gaan in totale ontkenning,” sê Deirdre. “Sy weier om dit te aanvaar en berispe enigiemand wat sê Rickus dood.”

Intussen versprei die skoknuus oor Rickus in Hillside en Justin se bekommerni­s neem toe. Hy probeer ontslae raak van alles wat hom met die gevegklub verbind – soos sy hansworsma­sker. Maar niks bly ooit vir lank geheim in Hillside nie. En “Arend” gaan ook nog aan die pen moet ry.

 ??  ??
 ??  ?? Rickus verf sy gesig soos sy Ratelmaske­r voor sy dodelike geveg op Vrydag 21 September. Sy oorspronkl­ike masker het op Donderdag 20 September weggeraak.
Rickus verf sy gesig soos sy Ratelmaske­r voor sy dodelike geveg op Vrydag 21 September. Sy oorspronkl­ike masker het op Donderdag 20 September weggeraak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa