TV Plus (Afrikaans)

Van Lucia

-

Onlangs staan ek ongeduldig in die tou by ’n ambassade om my visum te kry. Tot my verligting bied ’n man vir my sy stoel aan in die volgepakte wagkamer. Met ’n “dankie” plons ek neer, haal van die uitgawe se bladsye uit wat ek dringend moet proeflees en my pen se ink mors uit op my hand. Weer is dit die man wat help en sy sakdoek uithaal. “Sjoe, mag ek lees?” vra hy. “Ek kan nie wag om te sien wat met Rickus gaan gebeur nie. Ek weet die mense kla oor 7de Laan, maar ek like dit,” vervolg hy. “En ek’s mal oor Isibaya. En wat gaan gebeur met Azwindini (in Muvhango)? Jy moet tog weet?” pleit hy byna. “Ek is erger as my vrou wanneer dit by sepies kom.” Natuurlik kon ek net verklap wat ek mag en is uiteindeli­k met die man se sakdoek daar weg. Sepies en TV bind werklik mense saam! Stuur jou kommentaar na tvplus/ Jy vra, Posbus 784161, Sandton 2146 of e-pos dit na tvplus@media24. com of SMS na 35982 met die woorde TVPLUS YOUASK en jou naam. R1,50/SMS.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa