TV Plus (Afrikaans)

NANCY DREW

-

Ná twee mislukte pogings op die grootskerm in 2002 en 2015, asook ’n TV-reeks van 13 episodes in 1995 wat niemand onthou nie, keer die tienerspeu­rder Nancy Drew terug na die kassie. Die produksien­etwerk The CW het nog nie onthul wie die rol as die amateurspe­urder gaan speel nie. Dié rol is in die 1930’s geskep as ’n vroulike teenvoeter vir The Hardy Boys-romans. Ons weet wel die aktrise vir dié rol sal 18 jaar oud wees en Nancy gaan ’n geheimsinn­ige moord tydens haar somervakan­sie ondersoek en dit gaan dalk ’n spook insluit . . . of nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa