TV Plus (Afrikaans)

Je-ani Swiegelaar

Wat gaan in jou gunsteling­aktrise se kop aan?

-

Sedert verpleegsu­ster Naomi Ferreira (Je-ani Swiegelaar) ses jaar gelede by die Binneland-kliniek ingeval het, het sy diep in almal se harte gekruip. Die plat- op- die-aarde en lojale verpleegst­er is een van die gewildste karakters in die hospitaals­epie en het al haar kwota hartseer en drama beleef. Naomi het in 2016 uitgevind sy is as baba omgeruil, en ’n jaar later het haar verloofde, Ferdi

du Toit (Cobus Venter), haar mishandel – sy het hom toe uit selfverded­iging van die trap afgestamp en hy is kort daarna dood. Je-ani, wat in Namibië gebore is, wou van jongs af aktrise word en buiten vir haar rol in Binnelande­rs leef sy haar liefde vir toneelspee­l gereeld op die verhoog uit.

Watter produk wat jy al in ’n TV-advertensi­e of program gesien het wil jy graag hê?

Een van daardie Abflex- gordels wat jou spiere versterk. Dit lyk mos of jy gouer resultate daarmee kan kry as wanneer jy in die gim oefen. Boonop kan jy dit in die gerief van jou huis gebruik.

Wie se TV-klerekas sal jy graag wil hê?

Dit was nie op TV nie, maar Gracie Hart (Sandra Bullock) se klere in die fliek Miss Congeniali­ty (2000). Haar uitrusting­s was stylvol en jy kon haar altyd deur ’n ring trek.

In wie se TV-huis sou jy graag wou woon?

Die Cullinsfam­ilie in die fliekreeks Twilight (2008-2012). Hul huis in ’n woud laat my aan die Knysna-woude dink en die huis se interieur is knus en modern.

Watter polisievro­u sou jy graag wou wees?

Gracie Hart in die fliek Miss Congeniali­ty (2000). Sy is ’n diepdekkin­gsagent wat nie nonsens van enigeen vat nie en sy veg vir reg en geregtighe­id.

Wie is in beheer van die TV-afstandbeh­eer in jou huis?

Ekke, natuurlik. Ek deel ’n huis met my suster Le-andri wat agter die skerms by die sepie Getroud Met Rugby (2016nou) werk, en ’n papegaai genaamd Jumangi. Hulle moet gewoonlik vir lief neem met die kykstof wat ek kies.

Oor watter reekse is jy fanaties?

Grey’s Anatomy (2005-nou) en Masterchef Australia (2009nou). Ek hou van mediese dramas, natuurlik, omdat dit my na aan die hart lê. En ek is mal oor kos en die kompetisie-element in Masterchef Australia.

Watter W werk sou jy agter die skerms wou doen?

Regisseur! Dit moet heerlik wees om die leisels te hou en opdragte te gee. En daarby is dit ’n kreatiewe uitdaging.

Watter W karakter is jou held of heldin en hoekom?

At Koster (Hans Strydom) van Binnelande­rs, want daar is net een At Koster!

Wat W is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel t verfilm?

Om voor die kameras te wees en skielik jou woorde te vergeet en nie ’n benul te hê wat jy doen nie. En boonop is daar geen teken van ’n regisseur of kollegas wat jou met jou dilemma kan help nie . . .

Watter TV-reeks sal jy wil oormaak?

Beslis Friends (1994-2004) – ek het die situasieko­medie van kleins af gevolg en dis immergroen.

Indien jy enige karakter in enige reeks kon speel, wie sou s dit wees?

Ek sou graag ’n niggie van Chandler (Matthew Perry) in Friends wou wees. Juis omdat ek so baie van Chandler se humorsin hou, ek dink dit moet in sy familie se gene wees.

Watter W reeks en episode het jou onlangs laat huil?

Ek huil in elke episode van Masterchef Australia wanneer ’n deelnemer moet huis toe gaan.

Wie W is jou TV-karakter se ouers?

Naomi se regte ma is Belinda Eksteen (Amanda Strydom), en haar grootword-pa is Okkie Ferreira (Ben Kruger).

Watter reeks of produksie het jou geïnspiree­r om ’n aktrise a te word?

Die musiekblys­pel The Lion King wat ek in 2003 op Broadway gesien het.

AsA jy een ding aan jou karakter Naomi kon verander, wat w sou dit wees?

Ek sou nie enigiets drasties aan Naomi wou verander nie, ek hou van haar nes sy is. Ek sou dalk wou hê sy moet die lewe ’n bietjie meer geniet en meer ontspan. Soms neem sy sekere dinge te ernstig op.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa