TV Plus (Afrikaans)

Is daar iets anders as jou gunsteling­reeks wat jou snags wakker hou? Ons is hier om jou TVprobleme op te los.

-

Hoekom het gesinsepie­s soos 7de Laan en Isidingo sulke aaklige storielyne soos moord, tronkontsn­appings en prostitusi­e? – LOUIS, E-POS

Daar is natuurlike ontwikkeli­ngs in storielyne, en wendings en skandale is soms van die begin af beplan. Dis meer dikwels die geval met daaglikse sepies, wat bedoel is om ’n bietjie meer oordrewe te wees as ander programme. 7de Laan se groot tronkdrama in Julie is maande vooraf beplan, en die sepie kon toe karakters inbring wat van skerm af was sowel as ouer bestaande storielyne betrek, soos Emma (Bertha le Roux) wat in 2017 tronk toe gestuur is. Wat Isidingo se prostitusi­e-storielyn betref (sien bl. 25), is dit ’n geval om donkerder, aanstootli­ke eienskappe van skurke te wys wat reeds die gemeenskap in ’n nes omskep – soos Nina en Clive (Khabonina Qubeka en Stefan Ludik). Daarby is Isidingo bedag op en sensitief vir aktuele kwessies en vraagstukk­e wat in die samelewing voorkom, en sluit dit by hul episodes in om mense aan die praat te kry, soos tans die geval is. – Lucia, die redakteur.

SMS jou vrae na 35982 of e-pos my by lucia@media24. com

 ??  ?? Emma (Bertha le Roux) het weer haar verskyning tydens 7de Laan se tronkdrama gemaak.
Emma (Bertha le Roux) het weer haar verskyning tydens 7de Laan se tronkdrama gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa