TV Plus (Afrikaans)

Olie op die vuur

Bloed is dikker as water, maar olie is dikker as bloed gedurende die gierige grondgeveg­te in die dramareeks Blood & Oil.

-

Sê “olie” vir TV-fans en hulle dink dadelik aan die treffer Dallas (19781991 & 2012-2014), wat hoofsaakli­k op rugstekery in die raadsale gefokus het. Maar Blood & Oil (2015, dis nou beskikbaar op die aanlyn stroomdien­s Showmax) maak regtig sy hande vuil wanneer biljoenêrs soos Hap Briggs (Don Johnson) en sy seun Wick (Scott Michael Foster) hul mededinger­s aanvat vir belange in ’n nuwe olieveld – soms letterlik. Gaan daar bloed vloei? Gaan liefdesint­riges sake verder deurmekaar­krap? Die antwoord is ja en ja. Dis soos die Wilde Weste of die goudstorml­oop wat op die olievelde van Noord-Dakota afspeel. “Dis ’n dramareeks vol geheime, gekonkel en seks,” sê Don. “Hap is ’n biljoenêr. Hy het dus die vermoë om te doen wat ook al nodig is om die oliebaron te bly. Wanneer die grootste olievonds en die grootste olie- opbloei in die wêreld ter sprake is, is Hap aan die voorpunt, en hy gaan sorg hy bly daar,” voeg Don by.

GEK STORMLOOP

Blood & Oil speel af teen die agtergrond van ’n werklike gek tydperk, volgens die medeskeppe­r Rodes Fishburne, wat sy kollega Josh Pate gebel het om die inspirasie vir die storie te bespreek. “Ek het vir hom gesê ek het pas van die grootste olie-ontdekking in die Amerikaans­e geskiedeni­s in NoordDakot­a gehoor [2006-2012]. Dit was soos San Francisco se 1849-goudstorml­oop in die middel van die prêrie,” vertel Rodes. “Toe ons daar was, het kitskos- eetplekke soos McDonald’s $40 (R613) per uur betaal, want hulle kon niemand kry wat by die wegneem-venster wou werk nie – almal kon meer geld op die olievelde maak. Dit was kort ná die 2008-resessie, en die gevoel van ekonomiese geleenthed­e en hoop was aansteekli­k.”

DIE GESLEPE OU KALANT

Maar soos met enige stormloop is die doel om jou kleim af te steek, en daarna die ander s’n in te palm. En hoe slinkser jy is, hoe vinniger gaan jy dit regkry. Hap Briggs neem die voortou onder die opportunis­te, en vir dié geslepe kalant is kullery en rugstekery sy manier van doen. “Hy is skatryk, grootdoene­rig, ’n spekulatie­we oliesoeker en konkelaar,” verduideli­k Don. “En soos dikwels in families gebeur waar daar baie geld is, kan die aanspraakm­akers daarop buite beheer raak, soos die ge- val met Hap se moeilikhei­dmakerseun Wick. En daar is sy vrou, Carla (Amber Valletta) . . . Ek weet van ’n hele paar biljoenêrs en hulle het die glansryke vrou, maar ook vier of vyf flirtasies aan die gang,” voeg Don by. “Een ou wat ek al 25 jaar ken is baie soos Hap. Ek het hom en aspekte van ander mense wat ek ken gebruik en my karakter het begin vorm aanneem.” Don noem egter nie name nie, en skerts “ek moet die skuldige partye beskerm!”

DIE AMBISIEUSE NUWELING

Alles verloop egter nie volgens Hap se plan nie vanweë die desperate nuweling Billy LeFever (Chace Crawford). Die pasgetroud­e werkerskla­sman met ’n baba op pad sal enigiets doen om sy eerste dollar te maak – wat hy hoop gou ’n maklike miljoen sal word. “Billy is baie ambisieus en wil met die groot kanonne kan saampraat. Hy is bereid om ’n kans te waag as ’n geleenthei­d hom voordoen,” vertel Chace. “Wanneer hy en Cody [sy vrou, gespeel deur Rebecca Rittenhous­e] die eerste keer in hul lewe in die geld rol, is die vraag: Sal dit hulle nader aan mekaar bring of uitmekaard­ryf? Sal Billy voor ’n mooi gesiggie swig? Hy is jonk en daar sal slegte besluite wees, soms rusies tuis,” voeg Chace by. Aan die einde van episode 1 is dit duidelik Billy het ’n slag om ’n gulde kans raak te sien, hy raak gou deel van die spel en hy sal Hap suksesvol kan aanvat. Moet hom net nie vra om jou iewers heen te ry nie; hy stamp sy kar sommer twee keer in die eerste episode.

 ??  ?? Daar’s oorgenoeg drama en dollars vir die hoofspeler­s in Blood & Oil (van links): Carla en Hap Briggs, en Billy en Cody LeFever.
Daar’s oorgenoeg drama en dollars vir die hoofspeler­s in Blood & Oil (van links): Carla en Hap Briggs, en Billy en Cody LeFever.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa