TV Plus (Afrikaans)

LEEF OF LY-REKENAARSP­ELETJIE

-

Ons het die eerste keer gehoor van die aan lyn rekenaarsp­eletjie Leef Of Ly, waar vegters in hansworsma­skers teen mekaar baklei, toe Willem (Markus Haywood) dit einde Augustus begin speel het. Die skurke agter die rekenaarsp­eletjie is dieselfde mense wat die ondergrond­se gevegklub bestuur, en hulle het by Willem se rekenaar ingebreek om meer oor sy lewe uit te vind. Hulle het Willem en sy woonstelma­at en neef, Rickus, begin dophou. Die skurke het Willem later afgepers om meer geld te verwed op die werklike gevegte, waarna hy intussen begin kyk het nadat hy tot die laaste ronde van die rekenaarsp­eletjie deurgedrin­g het. Dit het Wille m bang gemaak en hy het Justin gevra om ontslae te raak van sy rekenaar en foon, waarop die booswigte hom getreiter het. Justin het na Willem se rekenaar gekyk en die skurke het hom gekontak en oorreed om nog vegters teen vergoeding te werf, en die platsak Justin kon dit nie weerstaan nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa