TV Plus (Afrikaans)

Groot moeilikhei­d

Bruynwaves word uit die bloute gedagvaar.

-

Die Bruynwaves-span is op hete kole: Hulle is op Vrydag 21 September uit die bloute gedagvaar vir skadevergo­eding nadat ’n ongeluk gebeur het tydens een van die funksies wat hulle gereël het, maar hulle was nie bewus daarvan nie. En dit lyk of die gekwelde Bonita (Hildegardt Whites), wat onlangs by die maatskappy aangestel is, weer die oorsaak van die probleme is.

TROEFKAART

Vanessa (Ingrid Paulus) is geskok wanneer sy op Woensdag 26 September hoor hul prokureur, Lesedi (KB Motsilanya­ne), maak nie vordering met die saak nie. “Lesedi sukkel om enige inligting te kry wat vir haar ’n tipe troefkaart sal wees om die eisers sover te kry om moontlik die dagvaardin­g terug te trek,” sê Ingrid.

Vanessa begin wonder of dit ’n goeie idee was om haar eks-skoonsuste­r aan te stel wanneer dit blyk Bonita is die rede vir Bruynwaves se penarie. “’n Werker het van ’n leer afgeval nadat Bonita hom gevra het om te help om versiering­s op te hang. Maar Bonita het glad nie geweet dat hy geval en beserings opgedoen het nie,” verduideli­k Hildegardt.

HELPENDE HAND

Vanessa besluit op Donderdag 27 September om haar eksman,

Xander ( Theodore Jantjies), ook ’n prokureur, te vra om Lesedi met die saak te help. Xander begin dadelik ondersoek instel en probeer die beseerde man ondervra om vas te stel of sy werkgewer hom gedwing het om die saak teen Bruynwaves te maak en of die partye nie tot ’n vergelyk kan kom nie.

Bonita is baie bekommerd op Vrydag 28 September sy sal vir die man se beserings moet opdok. “Sy is ’n senuwrak,” sê Hildegardt. “Bonita het nie ’n sent op haar naam nie, en sy is vreesbevan­ge Vanessa gaan van haar verwag om die vergoeding te betaal.”

Bonita praat later die dag met Xander, en hy verseker haar hy doen sy bes om die saak teruggetre­k te kry – en dat hy altyd daar sal wees om haar te ondersteun. “Dit beteken die wêreld vir Bonita, en haar gevoelens vir Xander vlam op en sy raak van vooraf verlief op hom,” voeg Hildegardt by.

 ??  ?? Bonita (inlas) veroorsaak weer probleme vir haar baas Vanessa.
Bonita (inlas) veroorsaak weer probleme vir haar baas Vanessa.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa