1 – 5 OKTOBER
Naomi se ontdekking lei tot ’n ontboeseming, Elana kom agter Chanel het dalk ’n fout gemaak, en Conrad besef daar is groot fout met ’n pasiënt. Louis verkeer in lewensgevaar, Steve het goeie rede om Chanel te wil vervang in ’n projek, en Brian konfronteer Elana oor haar inmengery. Quinton gesels met Tertius oor Karli, Naomi loer in by Gaynor, en Mercia is nêrens te vinde nie. Trudie lug haar mening oor Quinton se afrigtingstegniek, Wimpie raai Ilse aan om die nuwe dokter te nader, en Elana bekla haar lot by Steve oor Brian. Gaynor deel liefdesraad uit, en Annelize bevraagteken Brian se opdragte.