TV Plus (Afrikaans)

1 – 5 OKTOBER

-

Ronald en Siya sit vas oor Siya se besluit om hom aan die kliniekpro­jek te onttrek, Tim konfrontee­r Vivienne, en Bianca probeer die dwelms op eie stoom los. Vivienne en Justin smeek Tim om nie vir Chris van hul flirtasie te vertel nie, en Bianca kry hulp uit ’n onverwagte oord, maar haar vinnige herstel oortuig Stefan nie. Justin probeer sy vriendskap met Tim red, Ty kry nuwe werk, en Stefan en Rhafiek moet noodgedwon­ge streng met Bianca wees. Vivienne is verlief, maar Chris sien iets wat hom aan haar laat twyfel, en Carmen is nuuskierig oor Vivienne, maar Rhafiek waarsku haar om nie in te meng nie. Mymoena se liefdadigh­eid lei tot ’n geleenthei­d vir Lee-Ann, en Bianca speel met vuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa