TV Plus (Afrikaans)

In ’n tweestryd

Chris vind uit van Vivienne se katelknaap, Justin.

-

Chris (Marcel van Heerden) kan net nie liefdesgel­uk vind nie. Dis skaars die begin van sy verhouding met sy ou liefde Vivienne (Jana Kruger) en daar is reeds probleme – veral nadat Vivienne begin September ’n passievoll­e aand met die kelner Justin (Eden Classens) gedeel het. Vivienne is in ’n tweestryd. “Sy voel gevlei deur die aandag wat sy van Justin kry, maar terselfder­tyd voel dinge met Chris ook net reg,” sê Jana.

Chris merk op Woensdag 26 September op iets is fout en dis nie lank nie voordat hy die hele flirtasie uitsnuffel. En dit oor ’n ring!

OOP KAARTE

Vivienne vertel haar vriendin Carmen (Desiré Gardner) op Donderdag 27 September sy het weer oor die tou getrap met iemand anders. “Carmen weet nie Vivienne praat van Justin nie, maar sy moedig Vivienne aan om oop kaarte met Chris te speel,” vertel Jana.

Die perfekte geleenthei­d is later die aand wanneer Chris Vivienne pols oor wat haar die afgelope tyd pla. Maar haar moed begewe haar en pleks van te bieg, verseker sy Chris hy is die enigste man vir haar.

Vivienne besluit op Vrydag 28 September om van Justin te vergeet, maar Chris se seun, Tim (Marco Spaumer), vind op Maandag 1 Oktober van Justin en Vivienne se lakendans uit. “Tim het toevallig afgekom op ’n foto van die henneparty waar Justin en Vivienne ontmoet het, en in die foto vry hulle te lekker,” vertel Marco.

Tim konfrontee­r Vivienne op Dinsdag 2 Oktober, maar sy paai hom met halwe waarhede en hy stem in om nie sy pa te vertel nie.

’N BITTER PIL

Chris is egter uitgeslape en vind op Donderdag 4 Oktober die waarheid uit. Hy sien ’n ring aan Justin se vinger wat hom verraai. “Chris het vroeër (op Donderdag 20 September) op die ring in Jana se woonstel afgekom. Sy het dit afgemaak as niks, maar wanneer Justin Chris vertel dis enig in sy soort, besef Chris daar is iets aan die gang tussen die twee,” vertel Marcel.

Hy konfrontee­r later die dag vir Vivienne en sy kom met die hele sak patats vorendag. En dis vir Chris ’n bitter pil om te sluk.

 ??  ?? Justin en Vivienne ná ’n aand van passie. Chris voel verneder wanneer Vivienne hom die waarheid vertel.
Justin en Vivienne ná ’n aand van passie. Chris voel verneder wanneer Vivienne hom die waarheid vertel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa