TV Plus (Afrikaans)

Liefdestei­ken

Sphe se planne vir liefde tussen haar swaer en bestie misluk.

-

Sphe (Pearl Monama) het ’n slegte liefdesges­kiedenis. Haar huwelik met Mazwi (Musa Ngema) was ’n sakeooreen­koms vir hul families, maar dit het misluk, want sy het in die geheim ’n baba by haar swaer Smanga (Moopi Mothibeli) gehad nadat sy uitgevind het Mazwi is onvrugbaar. “Sy het Smanga nie lief nie. Die oudstes het hulle gedwing om ’n baba te hê ter wille van hul families se erfenis,” verduideli­k Pearl. Sy kyk na hom as ’n swaer, en daarom dink sy dis in die haak om vir hom ’n afspraak met haar beste vriendin Zitha (Zoe Mthiyane) te reël. Zitha se chaotiese verlowing aan die sakeman

Tau (Rapulana Seiphemo) is onlangs verbreek. “Sphe merk op Smanga en Zitha is baie vriendelik teenoor mekaar op Woensdag 3 Oktober,” sê Pearl.

WIL JY, OF WIL JY NIE?

Sphe vra Smanga uit oor sy liefdeslew­e op Woensdag 3 Oktober om seker te maak sy verkwis nie haar tyd nie. Dit klink nie asof hy in Zitha belangstel nie, maar Sphe ken vir Smanga, sy weet wanneer hy iets wil toesmeer. Aan die ander kant maak Zitha dit duidelik sy is te besig om aan Tau te dink om ’n nuwe verhouding te oorweeg. Zoe onthul op Donderdag 4 Oktober nie eers Zitha se afjak gaan Sphe van stryk af bring nie: “Zitha waarsku nie net Sphe om nie by haar liefdeslew­e in te meng nie, sy is woedend. Haar hart is steeds seer nadat Tau in Julie vanjaar koue voete vir hul huwellik gekry het.” Zitha wil nie nou herinner word aan Tau óf enige verbinteni­s met hom nie. Tau was met Smanga se tante

Karabo (Connie Ferguson) getroud tot sy hom in Februarie 2018 verlaat het.

DIS NOU OF NOOIT

Op 9 Oktober gaan Sphe terug na Smanga en dié keer is sy vuriger. Sy sê hy moet dieselfde dag vir Zitha vra om uit te gaan. “Sphe wil sien Smanga is gelukkig en hy fokus op iets anders as werk,” voeg die aktrise by. Hy vra Zitha of sy ’n drankie saam met hom sal drink, maar Zitha weet dadelik haar vriendin sit daaragter en sê nee. Sy het nie tyd vir speletjies nie, al moet sy nee sê vir ’n goeie, hardwerken­de man . . .

 ??  ?? Sphe (inlas) kan sien daar is ’n vonk tussen Zitha en Smanga, al ontken hulle albei dit.
Sphe (inlas) kan sien daar is ’n vonk tussen Zitha en Smanga, al ontken hulle albei dit.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa