TV Plus (Afrikaans)

Botsende belange

Mokgadi stuit haar skoonouers se wraakplann­e ná ’n tref-entrap-ongeluk met Charles waarin sy lig beseer is.

-

Mokgadi (Pebetsi Matlaila) het glad nie verwag sy sou met Charles (Masilo Magoro) in ’n motorongel­uk betrokke wees nie. Maar dis hy wat homself op Woensdag 26 September aan die polisie oorgee vir die tref- entrap-ongeluk die vorige dag. “Mokgadi is bly sy is nie dood nie. Sy wil hom nie aankla nie,” verduideli­k Pebetsi. In 2014 het Mokgadi se swaer

Tbose (Cornet Mamabolo) skotvry daarvan afgekom vir die botsing waarin Charles se broer dood is, dus meen sy dis regverdig dat Charles vry is, voeg die aktrise by. Mokgadi se skoonmense John en Meikie (Africa Tsoai en Harriet Manamela) stem nie saam nie en eis dat sy ’n saak aanhangig maak. Sy het nog altyd soos ’n buitestand­er gevoel en hoewel dit haar in hul goeie boeke sal laat beland, weier Mokgadi. Nou wil die ondersoeke­nde joernalis weet waarom haar skoonmense so gretig is om Charles aan die pen te laat ry.

SPOKE UIT DIE VERLEDE

Mokgadi was nie in 2014 deel van die Maputla-familie nie. Sy weet dus net dit wat sy van die noodlottig­e ongeluk gehoor het. “Die Maputlas kruis sedertdien swaarde met Charles, want hulle meen hy was te hard teenoor Tbose, wat destyds ’n tiener was. Hulle meen Charles kyk van toe af op hulle neer en nou het hulle die voordeel bo hom,” sê Pebetsi. “Hulle probeer haar by hul vete insleep, maar Mokgadi kies nie haar familie se kant nie.”

DIE WAARHEID MAAK SEER

Terwyl John en Meikie steeds woedend is oor Mokgadi se astranthei­d, red sy hulle egter van ’n verleenthe­id op Vrydag 28 September. Charles se assistent by sy spaza, Alfios (Tebogo Modisane), bieg hy het in Mokgadi vasgery en Charles het hom beskerm, want Alfios het nie ’n rybewys nie, onthul Pebetsi. “Haar prokureurm­an Leeto (Eric Macheru) het reeds ’n vergaderin­g met die Padongeluk­kefonds belê [op Donderdag 4 Oktober], maar Mokgadi weier om te eis.” Iets is nie reg nie, sê die aktrise, want skielik dring John en Meikie nie meer daarop aan hul skoondogte­r moet ’n klag lê nie. Mokgadi raak agterdogti­g op Vrydag 5 Oktober wanneer Meikie vra sy moenie ondersoek instel na Tbose se botsing en sy verlede met Charles nie . . .

 ??  ?? Mokgadi (links) se skoonmense (inlas regs) dring daarop aan sy lê ’n klag teen Charles (bo) vir die ongeluk.
Mokgadi (links) se skoonmense (inlas regs) dring daarop aan sy lê ’n klag teen Charles (bo) vir die ongeluk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa