TV Plus (Afrikaans)

Geld wat stom is

Clive maak ’n aanbod vir The Deep se bordeelbaa­s Nina.

-

Clive ken drama en dit het hy saamgebrin­g na Horizon Deep, verduideli­k Stefan Ludik, wie se karakter so twyfelagti­g is as wat kan kom. “Dit is die klassieke Clive. Hy raak betrokke by plaaslike ondernemin­gs deur agteraf te konkel en hy gebruik hul geld en dikwels hul persele vir geldwasser­y en steek die wins in sy sak,” sê die akteur. En hoewel hy en sy medepligti­ge vrou, Seline (Rosa Anthony), reeds talle kere so gekonkel het, is hulle die keer by die verkeerde adres wanneer Clive ’n nuwe geleenthei­d op Donderdag 27 September sien. “Clive gaan na Nina en sê hy wil ’n deel hê van die wins uit haar prostitusi­enetwerk wat sy by die Bokamoso-hotel bedryf,” onthul Stefan. “Hy kan haar aan die kaak stel en haar bedryf stopsit, maar nóg belangrike­r, hy het toegang tot geld van die hotel wat hy verduister het wat sy vir haar ander onderduims­e bedrywighe­de kan gebruik.”

DIE DUIWEL SELF

Clive het sy eerste vyf maande op die dorp gebruik om uit te vind wie is wie en die spil van alles is die skelm Nina. “Maar hy is ’n sosiopaat en self ’n skelm, hy word dus nie van stryk gebring om sake te doen met so ’n gewetenlos­e mens soos Nina nie,” sê Stefan en grynslag. Hulle sê daar is altyd ’n groter vis en op Maandag 1 Oktober begin sy na Clive hap wanneer die krake in sy gekonkel wys. “Nina het hom nie sommer net ’n aandeel in die besigheid gegee nie,” sê Stefan. “Nina is slimmer as wat Clive dink en sy sien die groter prentjie, hy gaan ’n fout maak. Sy vat sy geld, want sy weet hy is een van die dae haar eiendom!”

MY VROU OF MY GELD?

Clive se ander probleem is Seline het geen idee van sy nuwe skelmstree­k nie nadat sy hom laat belowe het hy gaan nie meer agteraf konkel nie. “Hulle het na Horizon Deep gekom toe hulle die laaste keer uitgevang is. Hul slagoffer het hulle nie aangekla nie, maar hulle moes uit die dorp padgee. Clive het belowe sy geknoei was iets van die verlede en hulle kon oor begin,” verduideli­k Stefan. “Dit is die seksbedryf die. Hulle het ’n oop verhouding, maar Clive daal tot ’n nuwe laagtepunt.” Die kwessie is nou wat kan hy nie bekostig om te verloor nie: sy vrou of sy geld op Maandag 8 Oktober.

 ??  ?? Clive bewys hy is ’n ernstige belegger deur ’n sak vol geld voor Nina uit te gooi.
Clive bewys hy is ’n ernstige belegger deur ’n sak vol geld voor Nina uit te gooi.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa