TV Plus (Afrikaans)

Gawe gladdejan

Mduduzi Mabaso het 'n splinternu­we rol as die saggeaarde, maar seepgladde Majozi.

-

Dis goed om soms ’n veranderin­g te maak en dit pas Mduduzi Mabaso soos ’n handskoen. Sy TV-aanhangers ken hom as die bendelid en sakeman Suffocate in Rhythm City (2007-nou, lees meer op bl. 17), maar hulle gaan dit geniet om hom in sy jongste rol as Majozi te sien. “Majozi en Suffocate verskil soos dag en nag. Hulle het niks gemeen nie,” sê die akteur. “Majozi gee nie voor om iemand anders te wees nie. Ons kan sê hy is meer saggeaard as die ander ou. Hy is gawer,” voeg Mduduzi by, wat in albei rolle op e.tv se skerms te sien is sedert Majozi op Donderdag 13 September sy buiging gemaak het. So, wat kan ons van Majozi verwag? En hoe pas hy by die Imbewu-legkaart in?

Mduduzi as ’n papperd? Geensins!

Ja – dis wat dié man vir my so verfrissen­d maak. Hy is meer saggeaard as waaraan ek gewoond is, maar dit beteken nie hy is ’n papperd nie. Hy sou nie dié hoogtes bereik het as hy toegelaat het dat mense op hom trap nie.

En wat is die hoogtes?

Majozi is ’n selfgemaak­te miljoenêr. Hy is ’n sakeman en kan sjarmant en charismati­es wees, maar ook dominerend en arrogant. Hy is dol oor sokker. Hy het voorheen beroepsokk­er gespeel en sy geld slim belê, nie net finansieel nie, maar ook op die sokkerveld – hy besit sy eie sokkerklub, die Majozi Stars.

Waar pas hy in by MaZulu en Zimele?

Majozi en Zimele is sedert hul skooljare in ’n stryd gewikkel – tot selfs nou. Majozi het MaZulu liefgehad en ek dink hy is steeds lief vir haar. En dís die een ding wat hy nog nie kan kleinkry nie. Zimele het vir MaZulu gekry.

Dus, al is hy nuut vir die kykers, is hy al jare lank op Zimele se radar?

Beslis. Hulle kom van dieselfde plek op die platteland. Maar Zimele is ’n vertonerig­e sakeman en Majozi is baie gemakliker met wie hy is en met wat hy besit. Hy jaag nie rykdom na nie. Hy kan egter ’n geleenthei­d raaksien en hy is straatslim. Hy kan Zimele dus in besigheid troef . . .

 ??  ?? Zimele gaan vriend en vyand stip dophou. Majozi is baie sjarmant teenoor MaZulu, al is sy getroud met sy beste vriend.
Zimele gaan vriend en vyand stip dophou. Majozi is baie sjarmant teenoor MaZulu, al is sy getroud met sy beste vriend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa