TV Plus (Afrikaans)

Soete katgeveg

Chloe vlieg Salem toe om haar jong seun van Nicole te red.

-

Kykers was dalk in vervoering op Vrydag 14 September toe Nicole (Arianne Zucker) dr. Daniel (Shawn Christian) die jawoord gee, maar een persoon is nie ingenome nie: Daniel se eksvrou Chloe (Nadia Bjorlin), wat al 16 jaar 'n vete met Nicole het. “Chloe spoeg gou vuur wanneer sy dink haar en Daniel se seun, Parker [Evan en Luke Kruntchev], kry nie die beste in die lewe nie,” verduideli­k Nadia, wat Days in 2011 as voltydse speler verlaat het. “Ek geniet 'n besoek dan en wan, en kykers sal ook, oor die katgeveg!” sê die aktrise. Daniel het die eerbare ding gedoen en Chloe op Dinsdag 25 September gebel om haar van Nicole te vertel, maar hy't nie verwag sy sou Salem toe vlieg vir “'n gesprekkie” nie.

PIEKNIEKPR­OBLEME

Nicole se piekniek met “haar twee manne” is in gevaar van die eerste klop aan haar deur op Donderdag 27 September. “Pleks van Daniel staan Chloe daar en sy sê kil: ‘Ek het die nuus gehoor',” vertel Nadia. Chloe het duidelik nie gekom om resepte uit te ruil met Nicole nie, wat besig is om koekies te bak, en snou haar toe: “Jy's 'n aaklige kok en 'n aaklige vriendin. Nes jy 'n aaklige vrou en stiefma gaan wees.”

PROE BIETJIE HIERVAN

Ná die tirade sê Nicole vir Chloe op Vrydag 28 September sy moet trap. Maar Chloe gaan nie sonder 'n bohaai loop nie en sy klap die pan koekies uit Nicole se hand, wat tot die soetste katgeveg in 'n lang tyd lei. Dr. Dan bederf ons pret wanneer hy opdaag om Nicole vir hul piekniek op te laai, en die twee vroue op die vloer sien rondrol terwyl hulle mekaar se oë probeer uitkrap. “Hou op!” skree hy, en soos twee stoute skoolmeisi­es skud hulle hande. “Maar dis nie die einde nie,” verklap Nadia.

 ??  ?? Chloe (links) maak seker Nicole kry hierdie keer die boodskap.
Chloe (links) maak seker Nicole kry hierdie keer die boodskap.
 ??  ?? Daniel en sy seun, Parker.
Daniel en sy seun, Parker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa