1 – 5 OKTOBER
Kyle soen Paige, onbewus daarvan dat JJ dit sien, en Kayla sê vir Abby die DNS-toetsuitslae is in die koevert wat sy vir Abby gee. Die laboratorium-tegnikus sê vir Clyde daar’s ’n probleem met die vaderskapstoets, en Kate vind uit Paul en Derrick het saamgeslaap. Abby is verras wanneer sy die koevert oopmaak wat Kayla haar gegee het, en die prokureur Aiden los Clyde en Ben as sy kliënte. Abby en Chad soen en dan vertel sy hom sy gaan met Ben trou, Brady vind uit Theresa het gejok oor haar beenbesering, en Chad sê vir sy pa, Stefano, hy gaan Abby los.