TV Plus (Afrikaans)

Vlammende vete

Liam noem sy pa ’n brandstigt­er wanneer hy vermoed Bill het gehelp om Spectra Fashions tot op die grond af te brand.

-

Die groot slegte Bill (Don Diamont) weet hoe om dit warm te maak vir mense wat sy eise ignoreer. Al is die Spectra-span verpletter en met roet besmeer op Woensdag 26 September, sit Bill in sy kantoor ’n paar blokke weg en teug aan ’n drankie terwyl brandweerm­anne sukkel om die vuur wat Bill begin het, te blus. En al het Bill voorlopig sy spore doodgevee, kan sy seun Liam (Scott Clifton) Bill se handewerk van ver af sien. “Dis brandstigt­ing,” skree hy vir Bill op Donderdag 27 September ná hy sy pa gekonfront­eer het, wat sê daar is niks wat hy nie sal doen nie om die Spectrageb­ou te kry. “As dit bekend word, is dit klaar met die Spencer-ryk,” vervolg ’n woedende Liam, wat nie kan glo hoe ver Bill gegaan het nie.

GEEN GEWETE

Liam ken Bill se truuks te goed – twee dae tevore, op Dinsdag 25 September, het Liam gehoor Bill het ’n storie opgemaak oor Liam se niggie Caroline (Linsey Godfrey) wat terminaal siek is. Nou het Bill Liam se erfporsie in gevaar gestel vir ’n vete en dis hoekom Liam sy vinger voor Bill se gesig rondswaai. “Jy het dit [die brand] gereël. Spectra het tot as verbrand weens jou!” Bill kap terug met: “Jy’s ’n Spencer. Familie staan bymekaar. Maak nie saak wat nie.” Liam tree op Vrydag 5 Oktober soos ’n ware Spencer op wanneer hy ’n houvas kry op Bill deur te eis wat hy wil hê: beheer oor die familiebes­igheid. “Bedank, maak my die hoof, en die polisie sal nooit uitvind jy het die brand gestig nie,” sê hy vir Bill. Spencer sr. is sprakeloos en vra sy seun: “Het jy iets gerook voor jy hier ingebars het?” Liam wens dalk hy het, want sy dreigement­e om sy pa agter tralies te sit stuur Bill verby breekpunt op Maandag 8 Oktober. Wanneer Liam bykom, gaan hy Bill oor hom sien staan, steeds met ’n gebalde vuis.

 ??  ?? Die Spectra-span kyk hoe hul sakedrome in rook opgaan, en dink dit was ’n ongeluk.
Die Spectra-span kyk hoe hul sakedrome in rook opgaan, en dink dit was ’n ongeluk.
 ??  ?? Liam (links) weet sy pa, Bill, het die brand gestig.
Liam (links) weet sy pa, Bill, het die brand gestig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa