TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Brooke, Ridge en Steffy wonder waarom Liam en Hope so dringend hul vergaderin­g moes verlaat. Die swanger Hope en Liam wag angstig op nuus van hul dokter. Katie en Thorne bespreek hul verhouding, en spot dat hul families onafskeidb­aar is ongeag wie by mekaar betrokke is. Intussen praat Justin en Bill oor Katie wat aansoek doen om volle toesig en Ridge sê almal moet kalm bly, want nie een toets op Hope en die baba het probleme uitgewys nie. Maar daar is slegte nuus vir Hope – Quinn het seker gemaak haar Hope For The Future-juweliersw­arereeks word afgeskaal en sê dit was nodig om oral koste te besnoei.

DAYS

Kayla bieg sy werk as ’n spioen vir Stefan, en Kate dreig vir Stefan, maar hy lag in haar gesig. Will bring goeie nuus van die hospitaal, en sê Marlena se operasie het goed afgeloop en sy rus. Sonny sê vir Will hy is bly hulle is weer ’n paartjie. Kristen rig ’n pistool op Sami, wat haar uitlok en vir Kristen sê sy moet “die sneller trek”. Later steek Stefan vir Kristen in die tonnels onder die DiMera-herehuis weg, Abigail kry vir Gabi alleen in die Hortons se huis, en die feit dat Paul wakker in die hospitaal geword het, is nie vir almal goeie nuus nie.

Y&R

Mariah en Sharon bespreek wat is die beste manier om Tessa te versorg ná alles wat sy deurgemaak het. Nadat Devon in die hof van gedagte verander het, beland hy op die regter se swartlys. Devon sê vir Cane hy moet seker maak hy is in die hof wanneer die regter terugkeer, en Devon blameer homself vir wat met Lily gebeur het. Summer is woedend wanneer sy by ’n leë woonstel aankom en nie vir Phyllis daar kry nie, en Kyle kom sonder sy hemp by die huis aan nadat hy gaan draf het en word deur Phyllis ingewag. Intussen moet Billy by ’n eksklusiew­e pokertoern­ooi in Las Vegas inkom en hy weet presies wie hom daarmee kan help.

 ??  ?? Hope en Liam hoop en bid hulle kry goeie nuus oor hul swangerska­p.
Hope en Liam hoop en bid hulle kry goeie nuus oor hul swangerska­p.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa