TV Plus (Afrikaans)

1 – 5 OKTOBER

-

Yolanda stort ineen wanneer sy terugdink aan van die misdadige aktiwiteit­e waarby sy betrokke was, en later val Yolanda haar vyand aan, maar sy word weggetrek voor sy ernstige beserings kan veroorsaak. Rafael kry ’n foonoproep van ’n vertroulik­e informant en sy’t belangrike nuus, en ’n nota vir die polisie lei ’n vyand na hul prooi. Roman vernietig bewyse wat hom met ’n moord verbind, en Javier dobbel met meer as geld – hy plaas sy gesinshuis op die spel. Isidro bieg oor inligting oor Yolanda, en Gerardo en Cristina gaan hul baba hou en saam as ’n paartjie grootmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa