TV Plus (Afrikaans)

1 – 5 OKTOBER

-

Jerry se nuwe slegte gewoonte om polisie te speel gaan hom in die moeilikhei­d laat beland, en Kagiso probeer om oornag ’n pa te word. Harriet bly koelkop, maar aan die binnekant is sy paniekerig, en Vuyi hoop Jerry gaan ophou met sy onwettige polisiërin­g. ’n Afspraak verloop nie soos verwag nie, en Harriet het geen keuse nie wanneer sy in haar uur van nood teen haar eie mense moet draai. Vuyiswa weet nie wie van die twee mans in haar lewe sy moet kies nie, en Brutus berei voor vir ’n tradisione­le seremonie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa