TV Plus (Afrikaans)

1 – 4 OKTOBER

-

Odirile maak staat op haar suster se sagter kant, maar die keer kry sy nie haar sin nie, en Moseki sukkel om sy sake in orde te hou. Kefilwe verlustig haar wanneer haar tant Odirile weens die verbanning ly, en koningin Mosadi besef haar opvolger gaan dalk nie uit die koninklike familie kom nie. Sephiri probeer Moseki met sy huwelikspr­obleme help, en prinses Mosetsana is die vredemaker vir haar suster Kefilwe en tante. Koningin Mosadi roep die koninklike raad byeen om haar opvolger te bespreek, en fopnuus word opsetlik aan Kefilwe gestuur in die hoop dat sy ’n fout met die besigheid sal begaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa