1 – 5 OKTOBER
Mirat vind uit wie by sy huis ingebreek het en hy wil weet hoekom, Ece konfronteer Mustafa oor hul toekoms, en Turgut stap in by meer drama as wat hy kan hanteer. Mirat se seun keer terug huis toe, maar hy’t moeilikheid saamgebring, en Alihan is onbewus van ’n naderende vyand. Mirat besef nie om sy seun terug te hê gaan dinge met sy verloofde Deniz verander nie, en Alihan is sprakeloos wanneer hy sy dogter saam met Sebnem sien.