TV Plus (Afrikaans)

ANDER PROMINENTE KARAKTERS

-

De Wet (Eric Bouwer) is ’n speurder van Johannesbu­rg wat die saak ondersoek. Hy maak staat op logika en rede en dra ’n sielkundig­e wond uit sy verlede.

Sonja Landman (Kim Syster) is ’n passievoll­e insetsel-redakteur by ’n joernaalpr­ogram, maar droom om ’n ondersoeke­nde joernalis te word. “Wanneer sy ’n insetsel oor die fakkelfees in Digtersdal kom maak, hoor sy nog ’n kind het verdwyn en raak betrokke by die saak en begin self speurder speel,” vertel Kim.

Gert Neethling (Lieb Bester) is ’n oud-polisieman en kyk te diep in die bottel ná sy seun, wat ook ’n slagoffer van Siembamba was, se dood. “Hy dra al jare ’n donker geheim saam met hom rond,” vertel Lieb.

Magda Neethling (Elsabé Daneel) is haar man, Gert, se groot steunpilaa­r en ’n toegewyde en lojale ma en vrou, vertel Elsabé. “Sy sorg altyd dat die kroon op haar man se hoof bly en is die toonbeeld van onvoorwaar­delike liefde.”

Piet Pille Taljaart (André Odendaal) is ’n maplotter en dwelmhande­laar en het een dogter, Esti

Taljaart (11, Ineke van der Merwe), wat saam met Keagan en Jan- Gustav ’n reddingspo­ging vir een van die vermiste slagoffers loods.

Basjan (Ruan Wessels) is een van die dapper kinders wat sy bes doen om ’n ontvoerde kind te red.

Mnr. Immelman (Hannes van Wyk) is die waarnemend­e skoolhoof. Hy is toegewyd en lief vir kinders.

Marie Fick (Lizz Meiring) bestuur die plaaslike koerant en is ’n oujongnooi. Sy was verlief op die voormalige redakteur van die koerant wat intussen oorlede is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa