TV Plus (Afrikaans)

DIE MALANS

-

Werner (Deon Coetzee), ’n 54-jarige sakeman, politikus en boer, is die dryfveer agter Digtersdal se vernuwing en hy wil met ’n fakkelfees besoekers aanmoedig om in die nuwe tyddeelont­wikkeling te belê. Werner en Adam kruis gereeld swaarde.

Angelique (Catriona Andrew), Werner se vrou, is die dogter van een van die rykste Engelse boere in die Oos-Kaap en jy kan haar altyd deur ’n ring trek. “Sy is die matriarg, maar nie altyd ’n leier nie, want sy is emosioneel en baie kwesbaar. Sy ondersteun haar familie en het ’n sterk morele kompas, maar vanweë haar kwesbaarhe­id beland sy baiekeer in problemati­ese situasies, wat sy nie altyd kan hanteer nie,” sê Catriona. Junior (Francois Jacobs) is 30 jaar oud en moet altyd na sy pa se pype dans. Hy is getroud met Lara (Amalia Uys) wat in haar huwelik deur haar man en die mag van haar skoonpa versmoor word. Jan-Gustav (Niel Slabbert) is Lara en Junior se 12-jarige seun. Hy is avontuurlu­stig, dapper en vindingryk.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa