TV Plus (Afrikaans)

Welkom terug!

Die nuwe seisoen van Ouboet En Wors is propvol pret.

- Ouboet En Wors

Seisoen 2 Maandae kykNET (*144) 20:00 (begin 8 Oktober)

Wat is beter as ’n dosis lagmedisyn­e om ’n Bloumaanda­g op te kikker? Ouboet (Frank Opperman), Wors ( Willie Esterhuize­n) en kie, wat almal hul onderskeie besighede onder een dak bestuur, is Maandag 8 Oktober terug met nuwe manewales en misverstan­de. Seisoen 2 bou voort op die beproefde resep, maar daar wag ook ’n paar verrassing­s, verklap Willie Esterhuize­n, skepper van die reeks. “Dit gaan steeds oor die karakters se alledaagse probleme waarmee kykers kan identifise­er. Dis ontvlugtin­g en laat jou ’n bietjie van jou eie sorge en al die politiek vergeet.”

DIS VAN DIE MANEWALES WAT JY KAN VERWAG

Die nuweling: Elvis Prinsloo (Eldon van der Merwe), Ouboet se vakleerlin­g, sorg vir komiese konflik. Elvis maak Ouboet se seun, Hendrikkie (Kaz McFadden) wat sy eie haarsalon, Hair By Hendrikkie bestuur, groen van jaloesie. “Elvis is die seun wat Ouboet eintlik nog altyd wou hê. Hy is ’n petrolkop en sy grootste droom is om eendag ’n Formule Een-renjaer te word,” vertel Willie. “Elvis het ook ’n verlede wat almal wat by die besigheids­entrum werk aan die praat het.”

Die wederhelft­es en seun:

Van die ander karakters wat net af en toe gesig gewys het, is nou in elke episode te sien, soos Ouboet se vrou Yollie (Sally Campher) en Wors se wederhelf Molly (Lizzy), wat glad nie ooghare vir mekaar het nie. Yollie is oudergewoo­nte op haar eie missie. Sy dring onder meer daarop aan dat Ouboet haar naam op sy bors tatoeëer sodat sy hom kan uitken as iets met hom gebeur. “Yollie en Ouboet se seun moet dan weer soos altyd die vrede probeer bewaar,” voeg Willie by. En dis nie asof Hendrikkie nie sy eie probleme het nie. Hy en sy eggenoot Gert (wat ons nie op skerm sien nie) is nog gelukkig getroud maar steeds dikwels aan die stry, soos wanneer Gert van sy vet wil laat uitsuig. En moenie vergeet van die jaloesie waarteen hy daagliks veg nie!

Gawe Gielie en Boeboe: Wors se regterhand Gielie ( Wynand van Vollenstee), wat met aflewering­s by Wors se ondernemin­g Batteries By Wors help, sowel as die loskop blondine Boeboe (Liane Heyl) wat haar eie salon, Beauty By Boeboe, in Hendrikkie se salon bestuur, bespreek weer sake en skindernuu­s van die dag. “Boeboe is by breekpunt oor haar dogter Dakota (wat ons nie op skerm sien nie) se ‘gap’-jaar. Sy is boonop moeg om enkelouer te wees en soek naarstigli­k na ’n vroetelpap­pie op die internet,” sê Willie. Gielie is weer gereeld in die sop. “Hy doen tydens werkure private besigheid met sy debietkaar­t op die internet en vergeet om sy losies te betaal.”

 ??  ?? Die karakters (agter van links): Elvis (Eldon van der Merwe), Yollie (Sally Campher), Ouboet (Frank Opperman), Wors (Willie Esterhuize­n), Molly (Lizz Meiring) en Gielie (Wynand van Vollenstee). Voor (van links): Hendrikkie (Kaz McFadden), Boeboe (Liane Heyl) en die sekuriteit­swag, Fogile (Hugh Masebenza).
Die karakters (agter van links): Elvis (Eldon van der Merwe), Yollie (Sally Campher), Ouboet (Frank Opperman), Wors (Willie Esterhuize­n), Molly (Lizz Meiring) en Gielie (Wynand van Vollenstee). Voor (van links): Hendrikkie (Kaz McFadden), Boeboe (Liane Heyl) en die sekuriteit­swag, Fogile (Hugh Masebenza).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa