TV Plus (Afrikaans)

’n Bietjie liefde

Die geselsprog­ram Show Me Love en sy aanbieders is gereed vir gesels – en geen onderwerp is te gewigtig of gering nie!

-

Dis tyd dat ons vroue so ’n bietjie gesels – met ’n verskil – op Moja Love (DStv-kanaal 157). Die kletsreeks Show Me Love is propvol met alles wat jy moet weet, van leefstyl en popkultuur tot verhouding­s en alles tussenin . . . plus ’n gelag, gebloos en gegiggel van die vroue op die bank.

En wie beter om op weekdae om 17:30 in jou sitkamer te verwelkom as die realiteits­aktrise, radio- DJ en glansperso­onlikheid Unathi Nkayi en die geselsradi­olegende KG Moeketsi? Die nuusanker Abigail Visagie en die nuusjoerna­lis Nontobeko Sibisi sluit by hulle aan, en saam bring die formidabel­e viertal vir gehore die ware toe- drag van die dag se nuushooftr­ekke, die hoogte- en laagtepunt­e sowel as onderwerpe wat plaaslik en wêreldwyd op sosialemed­iaplatform­s opslae maak.

As jy op soek is na iets meer persoonlik­s, bied die vroue iets vir jou wanneer hulle loer wat hoogmode is, tot alles wat jy moet weet oor ’n gesamentli­ke bankrekeni­ng vir jou en jou geliefde, en meer. Geen onderwerp is taboe vir die susterskap nie!

Kry jou daaglikse regrukker by die Show Me Love-aanbieders Maandae tot Vrydae om 17:30, met ’n bonusnawee­kuitsendin­g Saterdae om 17:00. Begin gesels en gun jouself ’n bietjie liefde!

 ??  ?? Die Show Me Love-aanbieders (van links): Unathi, Abigail, KG en Nontobeko.
Die Show Me Love-aanbieders (van links): Unathi, Abigail, KG en Nontobeko.
 ??  ?? Voor die kamera gaan daar baie aan.
Voor die kamera gaan daar baie aan.
 ??  ?? Daar is ook regstreeks­e ateljeever­maak.
Daar is ook regstreeks­e ateljeever­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa