TV Plus (Afrikaans)

Modern Family

Seisoen 9 M-Net (*101) 19:00 Komedie

-

Ná nege seisoene twyfel Ty Burrell se karakter Phil Dunphy, TV se geliefde dog lawwe pa, aan homself in Modern Family (2009-nou). “Hy bedank sy werk om sy eie eiendomsag­entskap te begin. Hy soek duidelikhe­id, want dis ’n groot stap en as hy misluk, gaan sy skoonpa, Jay (Ed O’Neill), hom nooit daarvan laat vergeet nie,” verduideli­k Ty. “Maar julle ken die sorgelose Phil – dinge werk altyd uit, selfs al werk dit nie uit nie. Op ’n manier laat hy dit altyd werk.”

Ty en Matt LeBlanc 1 (Joey in Friends, 19942004) het om die rol van Phil meegeding. Ty sê dit “was intimidere­nd, want ek het gehou van Matt se werk in Friends”. 2 Die 51-jarige het reeds planne vir wanneer Modern Family eindig (dis vir ’n tiende seisoen volgende jaar hernu). “Ek is nie seker of ek die rol van Phil wil verleng in ’n splinterre­eks as dit wel gebeur nie. Ek gaan dalk ophou toneelspee­l wanneer ons hier klaarmaak.” 3 Ty sê grappender­wys om Phil te speel was die beste les in ouerskap: “Hy is ’n Amerikaans­e pa en iets waarna ons vir ons kinders kan strewe.” Die akteur en sy vrou, Holly, het hul dogters, Frances (8) en Greta (6), in onderskeid­elik 2010 en 2012 aangeneem. 4 Hy het wel ander “babas” waaraan hy aandag moet gee: sy sportspann­e (die Oregon Ducks, Portland Trail Blazers, New York Mets en LA Rams), en sy kroeg, Bar-X, in Salt Lake City. 5 Hoewel Ty baie omgee vir die omgewing, sal hy nooit in ’n elektriese kar ry nie – hy is hopeloos te lief vir sy 1965-VW Beetle. 6 Hy hou van kunsvliegh­engel, al is hy glad nie goed daarmee nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa