TV Plus (Afrikaans)

The Sinner

Seisoen 2 M-Net (*101) 21:00 Drama

-

Met die veroordeel­de moordenaar Cora (Jessica Biel) agter tralies in seisoen 1 se slotepisod­e, het speurder Harry Ambrose (Bill Pullman) iets nodig om hom besig te hou in die rillerreek­s The Sinner (2017-nou). Iets soos ’n dubbele moord om te ontsluit wat dit ook al is wat in seisoen 1 aan hom gevreet het. “Ons het dit nooit uitgeklaar nie,” verduideli­k Bill. “Ons het baie daaroor gepraat, maar nou kry ons duidelikhe­id en dit gaan terug na Harry se kinderjare en dat hy in pleegsorg was; hoe hy daar beland het. Dis traumaties.”

So traumaties soos ’n messwaaien­de Cora wat onskuldige mans opsny? “Harry praat nie baie oor sy jeug nie en dis waar sy probleme begin het,” onthul Jessica, wat die seisoen nie voor die kamera is nie, maar haar rol as uitvoerend­e vervaardig­er voortsit. En moenie dink die seisoen gaan die aksie versag nie, want seisoen 1 was gegrond op ’n bestaande boek deur Petra Hammesfahr. Sy het by die produksies­pan aangesluit om die draaiboek vir die reeks te skryf. “Ons sou glad nie ’n tweede seisoen kon doen sonder Petra se aandeel en dat sy ons lei nie,” voeg Jessica by.

Hoeveel geheimsinn­iger en grieselige­r kon The Sinner raak as dat Cora in ’n gebreinspo­elde moordenaar verander het? Die tiener in die middel van die moorde is die 13-jarige Julian (Elisha Henig) wat sy ouers op ’n padreis vergiftig. “Maar hoe meer Harry grawe, hoe meer merk hy dinge is nie soos dit lyk nie,” sê Bill. “Julian het geen bagasie nie. Hy wil nie sê hoekom hy sy ouers vermoor het nie. Is hulle ooit sy ouers? Miskien het Harry en Julian iets gemeen wat my karakter nog nie besef nie,” voeg Bill by.

 ??  ?? Harry Ambrose (regs) kry ’n nuwe misdaad en ’n nuwe spanmaat, speurder Novack (Natalie Paul).
Harry Ambrose (regs) kry ’n nuwe misdaad en ’n nuwe spanmaat, speurder Novack (Natalie Paul).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa