TV Plus (Afrikaans)

Family Feud US

Seisoen 1 e.tv (*194) 16:25 Realiteit

-

Die aanbieder Steve Harvey is die eerste een wat erken van die antwoorde in sy speletjies­program Family Feud (1976nou) “is van die domste wat ek al in my lewe gehoor het. Het hierdie mense ooit skool toe gegaan? Was hulle afwesig toe algemene kennis uitgedeel is?” Die basiese formaat is al byna 50 jaar dieselfde, met twee families wat voor hul mededinger­s die knoppie probeer druk om antwoorde op die vrae te gee. Maar party dinge het wel verander, soos die aanbieders . . .

Steve is aangestel “as ’n laaste 1 uitweg om die program te red”, sê Jennifer Mullin van die produksiem­aatskappy Freemantle. “Binne ’n jaar het ons kykertal vyfvoudig toegeneem, wat ons een van die topvyf- gesindikee­rde speletjies­programme in die VSA maak.” 2 CBS het die stel in 2011 van LA (waar dit opgeneem is) na Florida verskuif, want Steve woon ’n uur daarvandaa­n in Atlanta, Georgia. Dis toe in 2012 na Atlanta verskuif. Die eertydse aanbieder Richard 3 Dawson het die vroue-deelnemers ’n piksoentji­e op die wang gegee om hulle te verwelkom, maar in 1978 ná 400 klagtes daarmee opgehou. 4 Daar is al drie splinterre­ekse en meer as 50 internasio­nale weergawes, maar Family Feud is self ’n splinterre­eks van die paneel-speletjies­program Match Game (1962-nou). Die wenners kry hul wengeld, wat 5 tot $25 000 (R380 000) kan beloop, eers ná 90 dae sodat dit belastingv­ry is. Die profession­ele skerpskert­ser 6 Steve het nie ’n teks nie. “Alles wat ek sê gebeur net daar tydens die opname,” sê hy. 7 En ja, die program vra vir geboortese­rtifikate om seker te maak die deelnemers is regtig familie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa