TV Plus (Afrikaans)

Eendagkrie­ket: SA t. Zimbabwe

SABC3 (*193)/SS2 (*202) vanaf 12:00 Sport

-

Die Proteas pak hul noordelike bure vandag in Bloemfonte­in in die tweede eendagweds­tryd van Zimbabwe se toer in Suid-Afrika, wat ook drie T20-wedstryde insluit. Maar voor jy nog sesse van ons topkolwers wil vier, is daar heelwat om te weet oor die opwinding van eendagkrie­ket.

Die dae van die tradisione­le wit 1 klere en rooi krieketbal is sedert die vroeë 2000’s verby . . . In eendagkrie­ket dra die manne helder kleure wat by die feestelike aard van die sport pas, en die wit of pienk bal word gebruik sodat die spelers dit beter in die aand kan sien. 2 Die eerste eendagweds­tryd is in 1971 gespeel toe reën ’n vyfdagtoet­s tussen Australië en Engeland vertraag het. Die spanne het besluit om ’n vinnige 40 boulbeurte van 8 balle elk te speel om die toeskouers te vermaak. Suid-Afrika het tot dusver 35 van 3 hul 38 ODI’s teen Zimbabwe gewen, Zim was twee keer aan die wenkant en een het onbeslis geëindig. Die Proteas was die agtste span 4 wat permanente ODI-status gekry het, in 1991, en Zim was negende, in 1992. Dit beteken standaardr­eëls geld vir hul wedstryde, anders as spanne wat tydelike status het, soos Nepal en Nederland vir spesiale toernooie soos die Wêreldbeke­r. 5 Suid-Afrika word tans beskou as die vierde beste ODI-span in wêreldkrie­ket, met Zimbabwe elfde. ODI’s is eers wedstryde met 6 beperkte boulbeurte genoem, maar dit het in 2003 verander met die bekendstel­ling van die T20-formaat. 7 Zim was in 2017 in SA vir kriekettoe­tse – hul laaste ODI hier was in 2015 en SA het met 62 lopies gewen.

 ??  ?? JP Duminy en die Proteas hoop hulle maak skoonskip teen Zimbabwe.
JP Duminy en die Proteas hoop hulle maak skoonskip teen Zimbabwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa