TV Plus (Afrikaans)

Vet Kans

Seisoen 1 kykNET (*144) 18:00 Leefstyl

-

Die nuwe leefstylre­eks Vet Kans (2018nou) gaan “op ’n unieke manier na die reis van gewigsverl­ies kyk”, sê die mediaperso­onlikheid en vervaardig­er Rian van Heerden. “Ons gaan fokus op die fisieke, maar ook die geestelike aspekte van gewigsverl­ies en om ’n gesonde leefstyl aan te kweek.” Ses deelnemers se lewe verander handomkeer in die 13 episodes. En in episode 2 (11 Oktober) maak die reeksaanbi­eder, die aktrise Karin van der Laag (47), ’n groot aankondigi­ng oor haar eie gewigsverl­iesreis. Karin vertel meer.

Ons sien jou die eerste keer as aanbieder ná jou rolle as Hettie in 7de Laan (2000-nou) in 2017 en die sielkundig­e dr. Jameson in Scandal! (2005-nou) in 2018. Verskil dit baie van toneelspee­l? Ek het dit aanvanklik uitdagend gevind, want ek kon nie net in ’n karakter se skoene klim en ’n persona aanneem nie. Boonop is Afrikaans my tweede taal, dus moes ek hard werk om nie te veel Engelse woorde te laat inglip nie.

Die deelnemers in die reeks gaan die MediLean-dieet volg. Wat behels dit? Dis ’n medies gekonsentr­eerde dieet wat ’n laekalorie-eetprogram en hormoonbeh­andelings, wat onnodige vetselle verwyder, insluit. MediLean het ook dieetkundi­ges en lewensafri­gters vir elke deelnemer beskikbaar gestel wat hulle help en ondersteun.

Wat is jou boodskap aan mense wat probleme met hul gesondheid en gewig het? As ’n vrou wat al jare lank met my gewig worstel, wil ek aan mense in dieselfde situasie sê: Jy is die een wat die besluit vir jouself moet neem om gewig te verloor. Moet dit nie om iemand anders se onthalwe probeer doen nie, want dan gaan jy nie beheer daaroor kry nie. Wees lief vir jouself en besluit om gesonder te wees sodat jy langer kan leef.

 ??  ?? Karin van der Laag (links) en Rian van Heerden.
Karin van der Laag (links) en Rian van Heerden.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa