TV Plus (Afrikaans)

The Mindy Project

Seisoen 1 SABC3 (*193) 19:30 Komedie

-

Ed Weeks is die ginekoloog dr. Reed in die mediese komedie The Mindy Project (2012-2017). Maar dit het amper nie gebeur nie, sê die akteur. “Eers wou hulle hê hy moes met ’n Amerikaans­e aksent praat. Natuurlik kon ek nie, want ek is van Brittanje. Ek kon ook nie die aksent goed namaak nie. Maar ná my oudisie het die vervaardig­ers van plan verander. Dit pas by Reed om so preuts te wees.”

1 Ed se Suid-Amerikaans­e voorkoms is te danke aan sy ma – sy is van El Salvador – maar hy is ’n Brit in murg en been . . . sy volle name is Edward Charles Egerton Weeks.

2 Terwyl hy op kosskool by Queens College en Trinity College was, het hy begin toneelspee­l. Ed was ook die president van die amateurtea­tergroep The Footlights aan die Cambridge-universite­it voor hy in die vroeë 2000’s sy graad in die skone kunste verwerf het.

3 Ed wou altyd in die TV-bedryf werk, maar as ’n skrywer, en sê “ek het jare lank studeer en gedink ek moet dié kennis laat werk. Maar ek was heeltemal verkeerd!” Sy eerste skryfopdra­g was vir die Britse komedieree­ks Man Stroke Woman (2005-2007).

4 In 2011 het hy na Los Angeles verhuis en by die poetsbakpr­ogram Dirty Sexy Funny (2010-2011) aangesluit. En hoewel hy van die weer hou, mis Ed iets van sy land: “Om wakker te word en ’n sjokoladet­ruffel in die kombuis te kry en in my mond te stop. Die sjokolade hier is nie soos ek sjokolade ken nie.”

5 En hoewel Ed beweer hy is skaam, het hy in 2016 op die glansrykst­e aand in die vermaakbed­ryf sy meisie bekendgest­el toe hy met Bellamy Young (Mellie Grant in die politieke riller The Fixer, 2012-2018) aan sy sy by die Oscars opgedaag het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa