TV Plus (Afrikaans)

Kyk Of Koop?

-

In die nuwe realiteits­reeks Kyk Of Koop? ding twee ervare eiendomsag­ente, Meyer Swanepoel en Margot van Wyk, mee om te sien wie die verkoopbor­djie voor ’n huis kan hang. Daar is nie pryse op die spel nie, maar daar is wel ’n kompetisie-element: In ’n paar van die 13 episodes word die verloorder gestraf. Dit kan behels om in ’n eina-swembroeki­e in ’n yskoue dam te swem, of in ’n tutu op die strand te gaan stap. Amor Engelbrech­t, die vervaardig­er, vertel meer.

Hoe lyk die basiese konsep van elke episode? Margot en Meyer kry die volgende inligting by dieselfde moontlike koper: die begroting, hoekom hy of sy na ’n nuwe plek soek, en vyf kriteria vir die persoon se droom-eiendom. Daarna kuier Margot en Meyer afsonderli­k by die kliënt vir meer inligting om die persoon se droomhuis te help opspoor. Albei kies ’n huis om vir die kliënt te wys. As dit nie in die deelnemer se smaak val nie, kry hulle ’n tweede kans om ’n huis te wys. Die voornemend­e koper besluit of een van die huise sy of haar hart gewen het, en die kooptransa­ksie word beklink met Meyer of Margot wat as wenagent gekroon word. Die een wie se huis nie gekies word nie, kry in sommige episodes ’n snaakse straf. Hoe het die idee van ’n realiteits­reeks oor eiendomsag­ente ontstaan? Daar is talle internasio­nale reekse met die tema van eiendomme, soos House Hunters (1999-nou) en Location Location Location (2000-nou), maar met ’n meer dokumentêr­e aanslag. Ek wou ’n realiteits­reeks maak wat pret en vermaaklik is. Kykers sal ook meer uitvind oor die eiendomsma­rk in die Wes-Kaap, waar ons verfilm. Hoe het julle potensiële kopers opgespoor?

Deur die plaaslike eiendomsag­ente.

 ??  ?? Meyer Swanepoel en Margot van Wyk (inlas).
Meyer Swanepoel en Margot van Wyk (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa