TV Plus (Afrikaans)

Hawaii Five-0

-

Chi McBride skerts sy karakter Lou Grover kon baie sterker gewees het in die aksiereeks Hawaii Five- 0 (2010-nou) “as dit nie was vir die gewig wat ek verloor het nie”. Die 56-jarige het byna 20 kg in 2014 afgeskud ná sy bekommerde dokter vir hom gesê het ernstige gesondheid­sprobleme is om die draai. “Ek was nooit gaande oor oefening en die regte eetgewoont­es nie. Maar dis die tweede beste ding wat ek gedoen het – die beste was om deel te word van ’n program wat in Hawaii geskiet word!”

1 Sy naam is eintlik Kenneth, maar hy sê Chi (uitgespree­k as “Shy”) is nie sy akteursnaa­m nie: “Dis net ’n bynaam, van my tuisstad Chicago.”

2 Chi is nie net ’n musieklief­hebber nie, maar ook ’n gerekende musikant – hy bespeel van die klavier en kitaar tot die klarinet en tromme. En hy’s ’n gospelsang­er en sing al van hy ses jaar was in kerkkore. Sy eerste werk “was doodgewoon

3 en glad nie in die kollig nie”, vertel Chi. Hy was in die rekeninge-afdeling van die VSA-selfoondie­ns AT&T. Chi se gunsteling­karakter is die 4 een waarvoor hy ook die bekendste is: skoolhoof Steven Harper in die dramareeks Boston Public (2000-2004). Hy was ook Steven in oorkruisep­isodes met The Practice (1997-2004) in 2001 en Boston Legal (2004-2008) in 2005.

5 Ten spyte van sy sukses is die akteur se Jamaikaans­e ouers steeds teleurgest­eld omdat hy nie ’n prokureur of dominee geword het nie. “Hulle is tevrede dat ek in Hawaii werk, maar ek dink hulle sou soms wou hê dit moet iets soos Jamaica Five- 0 wees,” sê Chi.

6 Sy vrou, Julissa, en hul 10-jarige seun gaan altyd saam waar hy ook al werk. “Ek mis hulle te veel as hulle nie hier is nie,” erken die gesinsman.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa