TV Plus (Afrikaans)

Se jou se

-

Ai Pippa, hoekom moes jy ons verlaat? Jy word baie gemis. – RIA, SMS

Binnelande­rs gaan nooit weer dieselfde wees sonder Pippa nie. En ek hou ook niks van At nie. – JANINE, SMS

Terence Bridgett is ’n aanwins vir Binnelande­rs. Hopelik kom daar nou meer drama. – JUDY, SMS

Liewe aarde, wat gaan aan met 7de Laan! Dit lyk my ons kyk nou na Sex Sent Me To The ER. Genade, julle laat dit lyk asof vroue terte is en mans net kan perform met blou pilletjies. – ANNAMARIE, SMS

Die skrywers van 7de Laan weet nie meer wat om te skryf nie, want waar pas Amanda in die storielyn in? Dit is sommer nonsens. – LIZETTE, SMS

7de Laan is glad nie meer die gesinsvrie­ndelike sepie wat dit jare gelede was nie. – LOUIS, E-POS

Deesdae gaan 7de Laan net oor aaklige karakters en die storielyne is nie goed nie. – ESTA, SMS

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar Aggie se mollige figuur pas nie by Vince nie. – LEENA, E-POS

Ag nee, Isidingo-skrywers. Owerspel en prostitusi­e? Ons het dit nie in Suid-Afrika nodig nie. – DOT, SMS

Sibiya is verantwoor­delik vir al die myners se sterftes in Isidingo. Hy hoort agter tralies. – ALLEN, SMS

Die SABC is ’n klomp na-apers van al die vieslike storielyne van oorsese sepies, reekse en realiteits­programme. Hoe pateties! – URSULA, SMS

Die oulike sangeres Leah gaan woema blaas in die nuwe seisoen van Boer Soek ’n Vrou. – TRISTIAN, FACEBOOK

Ek is so moeg om dieselfde flieks oor en oor te kyk, maar net op verskillen­de SABCkanale. – DANIE, SMS

Met alle respek gesê, is dit nodig vir die vrou van Beter Assie Bure om so hard te skree? Niemand kan op die musiek konsentree­r nie, wat nog te sê van die deelnemers. – ESTELLE, SMS

SABC2 skommel hul programme rond sonder om kykers eers in te lig. – BEN, SMS

Afternoon Express moet asseblief onthou in Suid Afrika praat ons van biscuits, nie cookies nie. Ook dat ons nie met ’n mond vol kos praat nie! – JM, SMS

Die ou reekse soos Knight Rider en Miami Vice wat weekliks om 12:00 op SABC3 uitgesaai word, is steeds groot gunsteling­e. Kan SABC3 dit nie saans uitsaai nie sodat ons werkende mense dit ook kan sien? – RAYMOND, SMS

Kan Freek Robinson nie ’n bietjie vriendelik­er vr lyk op TV nie? Dit lyk ly asof hy vir die hele wêreld w kwaad is. – ANNETJIE, SMS

Sjoe, ek is opgewonde w oor al die nuwe Afrikaanse reekse wat ons binnekort b gaan sien! s Arendsvlei is i die een wat my vir seker vasgenael gaan hou voor die d kassie. – GERHARD, E-POS

SABC kan gerus ’n les by e.tv leer oor flieks.

Al die Star Wars-flieks word op e.tv uitgesaai. Hoekom kan SABC dit nie ook doen en al die Star Trek-flieks vir ons uitsaai nie? Al wat ons nou sien is herhalings en nogmaals herhalings. – HERMAN, E-POS

Ek kan nie glo hoeveel herhalings daar op DStv is nie. Ek hoop regtig hulle doen iets daaraan. – SIPHO, SMS

 ??  ??
 ??  ?? Leah is die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.
Leah is die nuwe aanbieder van Boer Soek ’n Vrou.
 ??  ?? Nadia Valvekens as Pippa in Binnelande­rs.
Nadia Valvekens as Pippa in Binnelande­rs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa