TV Plus (Afrikaans)

ADVERTENSI­E-AANKONDIGI­NG

Media24 bied klein agentskapp­e (wat aan sekere vereistes voldoen) 25% bonus advertensi­e ruimte vir elke rand advertensi­e ruimte wat bespreek en betaal word o pons digitale en druk media platforms.

-

Die bonus-advertensi­eruimte sal volgens Media24 se diskresie en in oorleg met die kwalifiser­ende agentskapp­e op die beskikbare inventaris geplaas word. Media24 bied die bonus-advertensi­eruimte vir ’n tydperk van drie jaar aan, van 1 Julie 2018 tot 30 Junie 2021. Daar is ’n limiet van R35 miljoen (vyfen-dertig miljoen rand) per jaar op hierdie advertensi­eruimte, en dit sal dienooreen­komstig bestuur word. Om in aanmerking te kom vir hierdie aanbod, moet agentskapp­e:

• ’n totale omset van minder as R50 miljoen (vyftig miljoen rand) per jaar hê;

• Oorwegend in swart besit wees, soos gedefiniee­r in die Wet op Breedgebas­eerde Swart Ekonomiese Bemagtigin­g (BBBEE) (Artikel 53 van 2003 en die relevante BBBEE-kodes), en bewys kan lewer van sy BBBEEstatu­s.

• Die omset en eienaarska­pstatus in beëdigde verklaring­s bevestig. Media24 behou die reg voor om enige verdere inligting aan te vra om seker te maak dat agentskapp­e aan bogenoemde kriteria voldoen. Advertensi­eruimte wat deur hierdie inisiatief bespreek word, is aan die standaardb­epalings en -voorwaarde­s van Media24 onderworpe. ’n Afskrif van die bepalings en voorwaarde­s wat op hierdie aanbod van toepassing is, sal op versoek verskaf word. Hierdie aanbod is deel van ’n skikking wat op 18 Junie 2018 tussen Media24 en die Mededingin­gskommissi­e bereik is. Die oogmerk daarvan is om kwalifiser­ende agentskapp­e se toegang tot die bedryf te verbeter en die bedryf te transforme­er.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa