TV Plus (Afrikaans)

’n Ongenooide gas en broedertwi­s

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

-

OKTOBER

Nandi probeer haar dogter Sphe herenig met haar eksman Jack terwyl hulle Fana se koma verwerk, en Zitha besef sy is verlief op Smanga. Ondanks nóg ’n bakleiery trek Mrekza terug na die Diale-huis met sy meisie Lucy, en Wandile hou op soek na liefde. Mnr. Carlson weier om Lesedi te vergewe wanneer sy om verskoning vra ná haar beskuldigi­ng dat hy haar verkrag het en hy oorweeg om ook ’n saak te maak, en die Mabaso-familie hoor Fana is vermoor en sy skietdood was nie ’n ongeluk nie. Lucy vra Mrekza om verskoning vir die drama wat sy veroorsaak het, en Jack word daarvan beskuldig dat hy sy seun Fana vermoor het.

NOVEMBER

Tau is woedend wanneer hy hoor sy eksverloof­de Zitha gaan uit met Smanga, en Jack daag ongenooid by Fana se begrafnis op en veroorsaak ’n beroering. Lesedi besluit om self ondersoek in te stel na haar verkragtin­g wanneer die polisie nie van veel hulp is nie, en Nandi probeer Jack troos in sy tyd van nood. Cosmo voel ongemaklik ná ’n besoek van die polisie, en Amy kry ’n leidraad in Lesedi se saak. Nandi se kêrel Mandla (Themba Nofemele) keer terug van sy sakereis en vra Nandi om saam met hom Kaap toe te trek, en Zitha en Wandile kry ’n nuwe kamermaat, Grace (Siseko Velelo). ’n Jaloerse Mazwi oorweeg dit om terug te gaan na sy vrou Sphe nadat hy ontdek sy broer Smanga hou van haar, en Nandi pas aan in ’n nuwe stad.

DESEMBER

Ondanks Smanga se afkeer neem Mazwi die pligte oor van pa vir “sy” dogter Rorisang, en Grace koop ’n verpleegst­er om om haar toetsuitsl­ae te verander sodat sy langer by Zitha en Wandile kan bly. Smanga maak amok en val Mazwi aan, en sy blameer hom vir die chaos by hul familiemaa­tskappy, Ezweni, nadat Mazwi in Julie 2018 as hoofbestuu­rder bedank het. Pele, wat in die geheim ’n polisieman is, gebruik sy invloed om met bewyse te peuter en verander die uitkoms van ’n ondersoek, en Mazwi verlei Sphe en soen haar. Lesedi voel verstote wanneer haar vriendin Lerato (Candice Modiselle) onthul sy gaan trek, oom Kabisi is vasgevang in Smanga en Mazwi se jongste bakleiery, en Sphe is verward oor Mazwi se belangstel­ling in hul huwelik.

 ??  ?? Zitha (inlas) het ’n nuwe liefde, maar dit gaan meer drama vir die Mabasofami­lie veroorsaak.
Zitha (inlas) het ’n nuwe liefde, maar dit gaan meer drama vir die Mabasofami­lie veroorsaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa