TV Plus (Afrikaans)

Bose planne en geheueverl­ies

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

-

OKTOBER

AB en Mymoena is raadop met Bianca, Nina oortuig Wade om meer betrokke te raak by omgewingsk­wessies, en Mrs. J is bekommerd oor Ronald wat nie in voeling is met sy emosies nie. Stefan vind uit van Bianca se pille, Vivienne is steeds in twee geskeur oor Chris en Justin, en Ian maak Lee-Ann ’n aanbod vir die kliniek wat sy nie kan weier nie. Rhafiek beleef nog ’n terugslag by die werk, en Michelle wonder steeds wat die Samsodiens wegsteek. Bianca sukkel met onttrekkin­gsimptome, en Mymoena konfrontee­r haar oor haar silwerware wat verdwyn het. ’n Uitval by die werk dryf Rhafiek tot ’n drastiese besluit, en Zoe wys ’n uitnodigin­g van Wade van die hand. Bianca belowe om te verander, maar Mymoena vermoed iets is verkeerd, en dit lyk of dinge tussen Wade en Zoe beter raak.

NOVEMBER

Mrs. J sien uit na haar groot aand saam met Ronald, en die Samsodiens wonder of daar ooit lig aan die einde van die tonnel gaan wees. Bianca bereik ’n nuwe laagtepunt, Nina dryf doelbewus ’n wig tussen Wade en Zoe in, en LeeAnn wil Ian oortuig om Rhafiek weer by Suidooster-Eiendomme aan te stel. Die Samsodiens besef Bianca is skoonveld en begin met ’n soektog. Ronald probeer regmaak met Mrs. J ná sy uitbarstin­g, en Bridgette kry stry met haar ma, Mrs. J. Bianca kom huis toe, en dit lyk asof sy ’n keerpunt bereik het. Siya pleit by Mrs. J om te dink of sy werklik Ronald se siekte kan hanteer. Dis ’n belangrike dag vir Rhafiek en ’n moeilike een vir Bianca, Mrs. J ervaar ’n groot teleurstel­ling, en Nina manipuleer vir Wade. Ian probeer Bridgette oortuig om haar ma te ondersteun, en daar kom ’n onverwagte struikelbl­ok op Bianca se pad na herstel.

DESEMBER

Stefan en Tim stamp koppe, Rhafiek sukkel om werk te kry, en Zoe vertel vir Ty Wade het Suidooster-Eiendomme se kantoor verwoes. Tim vra Bridgette om hulp, maar Stefan steek ’n stokkie daarvoor. Carmen vind uit Rhafiek het vir haar gejok, Nina gaan te ver met haar plan, en Ty en Zoe span kragte saam om Wade te red. Bridgette maak Stefan ’n aanbod wat hom tweekeer laat dink, en Nina se planne neem ’n ernstiger wending en sy kry Wade om haar te help. Carmen is bekommerd oor Rhafiek, en Stefan en Tim probeer hulle geskil oor die skildery oplos. Nina se plan raak gevaarlike­r, en Carmen neem ’n groot besluit oor haar toekoms.

 ??  ?? Carmen en Rhafiek gaan deur ’n moeilike tyd wanneer Rhafiek by sy werk bedank.
Carmen en Rhafiek gaan deur ’n moeilike tyd wanneer Rhafiek by sy werk bedank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa