TV Plus (Afrikaans)

Kosbare tyd oor

Mrs J. vervroeg haar en Ronald se troudatum wanneer sy vermoë om te onthou ál meer afneem.

-

Pastoor Ronald (Ivan Abrahams) se alzheimers­iekte vererger by die dag en sy verloofde Mrs. J (Theresa Sedras) besef dit alte goed. Dis ’n ernstige situasie en in so ’n tyd moet jy slegs fokus op wat belangrik is, sê Theresa en voeg by Mrs. J het klaar vrede gemaak met Ronnie se siekte. “Sy weet dit is haar plig om hom by te staan, al raak hy hoe moeilik of gefrustree­rd.”

Dus stel sy voor hulle vervroeg hul troudatum voor Ronald se toestand so vererger dat hy niks meer van die goeie tye kan onthou of dit beleef nie.

HUNKER NA VERSOENING

Ronald probeer sy siekte verwerk, maar dis nie so maklik nie. Sy kleinseun Siya (Gantane Kusch), wat ’n dokter is, probeer sy oupa op Maandag 22 Oktober ondersteun met sy mediese kennis. Tog weet hy hy sal sy oupa nie gesond kan maak nie, want die siekte is ongeneesli­k. Ivan sê Ronald waardeer Siya se omgee. “Maar Ronald weet dinge gaan nooit weer normaal wees nie, en dis wanneer hy dink aan sy enigste dogter, Rebecca (verskyn nie op skerm nie), Siya se ma, van wie hy vervreemd geraak het.”

Ronald en Rebecca het jare laas met mekaar gesels omdat hulle ’n groot uitval gehad het toe Rebecca in die apartheids­jare met Siya swanger geraak het by ’n man van ’n ander ras. Siya was aanvanklik baie kwaad vir sy oupa toe hy dit in November verlede jaar uitvind nadat Ronald hom in Ruiterbosc­h gevestig het, maar Siya het hom uiteindeli­k vergewe.

DIE KOUE SKOUER

Ronald probeer op Dinsdag 23 Oktober met Rebecca kontak maak, maar sy wil niks van hom hoor nie. Siya en Mrs. J ondersteun Ronald op Woensdag 24 Oktober wanneer hulle hoor hy het Rebecca probeer bel.

“Niks sal Siya gelukkiger maak as sy oupa en sy ma kan vrede maak nie, daarom wil hy sommer sy ma uittrap oor haar ongevoelig­e houding teenoor haar pa,” sê Ivan. “Maar Ronald keer Siya en sê dit sal beter wees as hulle eers dinge in vrede laat voor hulle Rebecca verder ontstel.”

IETS SPESIAALS

Mrs. J se hart breek vir Ronald op Don- derdag 25 Oktober weens sy teëspoed met Rebecca. “Dis vir haar moeilik om te weet Ronald het nie ’n verhouding met sy dogter nie, wat so anders is as sy en haar dogters, Bridgette en Lee

Ann (Denise Newman en Portia Joel),” sê Theresa.

Dus besluit sy om iets spesiaals vir Ronald te doen wat sy gemoed sal opkikker. Wanneer sy later die dag luister na hoe hy haar vertel van sy gunsteling­musiekgroe­p wat in die Kaap kom optree, weet Mrs. J sy sal kaartjies moet kry.

Maar dis nie so maklik nie. Mrs. J sukkel haar op Vrydag 26 Oktober voos, sonder enige geluk. Dan hoor sy ’n plaaslike radiostasi­e het ’n kompetisie waar hulle kaartjies na die einste konsert weggee. “Mrs. J bel in en sy wen wonder bo wonder die kaartjies!”

’N RADIKALE BESLUIT

Ronald is in sy noppies op Maandag 29 Oktober wanneer hy by Mrs. J hoor van die kaartjies wat sy gewen het, en soos die week aanstap word hy ál meer opgewonde. Mrs. J doen selfs moeite op Dinsdag 30 Oktober om vir Ronald ’n spesiale pak klere te gaan koop, maar wanneer sy hom op Donderdag 1 November help regmaak vir die aand van die konsert, slaan die alzheimers toe en hy weet skielik nie wat om hom aangaan nie. “Hy is verward en as gevolg daarvan raak hy aggressief en vaar teenoor Charlene (Mrs. J se noemnaam) uit,” sê Ivan.

Ronald is weer homself op Vrydag 2 November en besef hy het Mrs. J baie seergemaak. Hy skraap sy moed bymekaar en vra haar om verskoning, maar dan vaar Mrs. J teen hom uit. “Sy sê vir Ronnie hy moet oopmaak teenoor haar en nie sy gedagtes opkrop nie, al is dit hoe deurmekaar. Want dan kan sy hom probeer help of verstaan wat hom pla of frustreer.”

Op Maandag 5 November het Mrs. J ’n radikale voorstel. “Sy dink hulle moet eerder vroeër trou as later, want hoekom wag? Ronald is aangedaan oor die voorstel,” sê Theresa. Ons hoop net hy onthou die troudag!

 ??  ?? Mrs. J en Ronald probeer die beste van ’n moeilike saak maak.
Mrs. J en Ronald probeer die beste van ’n moeilike saak maak.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa