TV Plus (Afrikaans)

Moeg vir tweede viool

Rhafiek bedank by Suidooster- Eiendomme.

-

Daar is nie ’n meer hardwerken­de eiendomsag­ent in Ruiterbosc­h as Rhafiek Samsodien (Irshaad Ally) nie. En wanneer hy ’n geleenthei­d kry op Maandag 22 Oktober om ’n groot kontrak vir Suidooster-Eiendomme los te slaan, wil hy seker maak hy is die een wat erkenning kry. Dis nou as hy dit kan regkry om die transaksie agter sy geslepe baas Ian (Abduraghma­an Adams) se rug te beklink.

HOU DIT STIL

“Dis ’n internasio­nale beleggings­maatskappy wat in eiendomson­twikkeling in Suid-Afrika wil belê,” verduideli­k Irshaad. “Dit kan van groot waarde vir Suidooster-Eiendomme wees, maar dis iets wat Rhafiek eers wil stilhou, anders vat Ian oor en moet Rhafiek tweede viool speel. Ian is berug daarvoor dat hy die erkenning vir ander mense se goeie werk vir homself toe- eien.” Carmen (Desiré Gardner), Rhafiek se kollega en vrou, dink nie dis wys om Ian in die duister te hou nie. Tog staan sy by haar man en help hom op Dinsdag 23 Oktober om ’n voorleggin­g vir ’n vergaderin­g met die beleggings­maatskappy te doen. Die volgende dag stel Rhafiek sy saak aan die mense en hulle stem in om saam met hom te werk.

IN ’N HOEK

Maar op Donderdag 25 Oktober is hy besig met ’n oproep wanneer sy selfoon lui en sy kollega

Zoe (Lauren Joseph), wat ook Ian se susterskin­d is, die foon antwoord – en dis een van die beleggers! “Rhafiek kan nie anders nie as om Zoe te vertel waarmee hy besig is. Hy vra haar om dit nie vir haar oom te vertel nie,” sê Irshaad.

IAN DIE SLANG

Ian vind wel op Vrydag 26 Oktober van die beleggings­geleenthei­d uit, maar nie by Zoe nie. En op Maandag 29 Oktober verwyder Ian Rhafiek van die projek sonder enige verduideli­king, wat Rhafiek die josie in maak. “Ian het die keer te ver gegaan. Rhafiek weier om weer ondermyn te word en bedank summier.”

Op Donderdag 1 November gaan Rhafiek vir ’n werkonderh­oud, maar dan smeek Ian hom om terug te kom. Sal Rhafiek sy trots sluk en weer vir die slang gaan werk?

 ??  ?? Rhafiek (links) gaan nie meer deur Ian ondermyn word nie.
Rhafiek (links) gaan nie meer deur Ian ondermyn word nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa