TV Plus (Afrikaans)

DAVID REES SÊ TOT SIENS

-

“Ek het ’n leë gevoel op my maag gehad,” sê David Rees (50) van die dag toe hy vir die laaste keer by 7de Laan se ateljee, toe nog in Lonehill, Johannesbu­rg, wegry. Ons het in Junie gehoor David se kontrak by die sepie is nie verleng nie en sy laaste tonele is in Julie verfilm.

David sê hy is baie dankbaar die skrywers het besluit om nie sy karakter dood te maak nie. “Dit beteken ek kan terugkom en daar is nog ’n toekoms vir Chris in Hillside.” En dit maak hom bly. “Ek is nog nie klaar met akteurswer­k nie, en wanneer daar ’n geleenthei­d is, gaan ek ’n oudisie of twee aflê.”

Hy het hom nes sy karakter as ’n sakeman en entreprene­ur gevestig. “Ek is betrokke by die restaurant­bedryf en ’n konferensi­esentrum, en dan fokus ek op my komende troue op 21 Desember.”

David het in Februarie vanjaar tydens sy vyftigste verjaardag­partytjie verloof geraak aan die rekenmeest­er Herculina Pens.

Die emosie is steeds duidelik in David se stem wanneer hy praat oor wie hy in die Laan mis. “Almal op die stel en die produksiep­an is ongeloofli­k, en ek het elke dag wat ek daar was gekoester en waardeer. Ek mis veral vir Carina Nel, wat Chris se dogter Alexa speel. Ek en sy het ’n goeie vriendskap opgebou, en ek mis dit om haar elke dag te sien en met haar te gesels,” vertel Chris.

Oor sy laaste storielyn met die tweede gesin wat sy karakter het, sê David hy weet dit gaan kykers warm onder die kraag hê. “Dit kom uit die bloute, maar ek het dit geniet om veral teenoor Heidi Mollentze (Lianie) te speel. Die jong akteurs wat my ander kinders speel, is ook baie talentvol. Hulle gaan nog groot hoogtes bereik.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa