TV Plus (Afrikaans)

Dodelike strik

Nina kry The Deep se nuwe sangoma Dlangamand­la om van ’n gees in haar sjebien ontslae te raak.

-

Die verlede het ’n snaakse manier om met die hede in te meng vir die misdaadkon­ingin Nina (Khabonina Qubeka), wat gedink het haar probleme is op ’n end toe sy die polisie-informant Hector (Shepherd Sibisi) in 2016 vermoor het. Maar sy hardloop soos ’n afkophoend­er rond op Woensdag 24 Oktober ná haar sangoma Gatanga (Amos Ketlele) die vorige dag vir haar gesê het daar is ’n gees in haar sjebien. “Nina is vreesbevan­ge,” vertel Khabonina. “Sy het Hector in haar sjebien begrawe, dus is sy teenwoordi­gheid nog daar.” Nina se probleem is hoe sy van Hector se gees ontslae gaan raak en ook haar kliënte behou, en Gatanga sê op Donderdag 25 Oktober vir haar sy sal moet bieg om die gees tot rus te bring. “Dis glad nie ’n opsie nie! Nina sal eerder ’n ander sangoma kry om die gees te hanteer as om haarself oor te gee,” sê die aktrise. Maar al is Nina hoe wreed, is sy voorbereid op die gevolge as sy toordery betrek?

BLINDELING­SE VERTROUE

In haar desperaath­eid kry Nina op Vrydag 26 Oktober die twyfelagti­ge sangoma Dlangamand­la (Keneilwe Matizze) om Gatanga se taak oor te neem. “Die vraag is: Raak Dlangamand­la regtig van die gees ontslae of lei sy Nina om die bos? Die nuwe sangoma is bedrieglik, sy’s geldhonger en gebruik haar magte vir bose dade,” verklap Khabonina. In hierdie stadium gee Nina nie om hoe Hector verwyder word nie, al wat saak maak is dat hy moet weggaan. “Nina blameer Hector vir die vete met haar sakevyand Lincoln (Lindani Nkosi),” verklap Khabonina. “Ons sien Nina is besig om te knak [op Maandag 29 Oktober]. Selfs ná Dlangamand­la haar toorwerk doen, word Nina se teenspoed net erger.”

MOEILIKHEI­D EN MOETIE

Omdat Nina dink sy het sterker magte nodig om haar te red, wend sy haar op Maandag 29 Oktober weer tot Dlangamand­la en vra haar om ’n vloek uit te spreek oor Lincoln, wat gedreig het om Nina vir goed te vernietig. “Sy raak ál meer by die toorkuns betrokke. Maar Nina glo Lincoln het dit oor homself gebring,” sê Khabonina. Nina het Lincoln vroeër in Oktober om verskoning gevra omdat sy sy familie in 2017 uitmekaarg­eskeur het, maar hy’t haar nou in ’n hoek gedryf. Sy sal enigiets teen hom gebruik, soos moetie wat hom op Woensdag 31 Oktober met ’n geheimsinn­ige siekte in die hospitaal laat beland. “Maar Lincoln word ’n paar dae later ontslaan, wat Nina bekommerd maak,” sê Khabonina. “As die moetie nie gewerk het nie, is Hector se gees ooit regtig weg?”

 ??  ?? Dis die eerste keer dat ons die geslepe Nina so bekommerd sien.
Dis die eerste keer dat ons die geslepe Nina so bekommerd sien.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa