TV Plus (Afrikaans)

ONTMOET DIE KARAKTERS

-

Gülseren, Cansu, Dilara en Hazal is enkele van die hoofkarakt­ers saam met wie kykers baie lief en leed sal beleef. Ons leer ken ook:

Cihan (Erkan Petekkaya en Marcel van Heerden)

Die 41-jarige ryk sakeman glo in familiewaa­rdes. Hy woon saam met sy vrou, Dilara, hul seun, Ozan, en dogter, Cansu, in ’n imposante herehuis. Maar daar is een ding wat hom ongelukkig maak: sy vrou. Hy ontmoet die arm Gülseren en hulle knoop vinnig ’n stomende verhouding aan. Gülseren het al die familie-eienskappe waarna hy in ’n vrou smag en wat Dilara hom nie kan bied nie.

Ozan (Burak Tozkoparan en Marvin-Lee Beukes)

Cihan se tienerseun kom glad nie oor die weg met sy pa nie. Hy stel nie juis belang in sy studies nie en is ’n vrye siel. Dit pla hom nie dat sy suster, Cansu, wat ook sy steunpilaa­r is, nie sy biologiese suster is nie. Hy kom ook goed oor die weg met sy regte suster, Hazal.

Rahmi (Civan Canova en Cedwyn Joel)

Die bose ou man was eens op ’n tyd net soos sy seun Cihan ’n suksesvoll­e sakeman. Dit het egter alles verander toe hy ’n tyd lank in Rusland gaan woon het. Hy is nou terug en soek Cihan se geld, want die geldwolwe in Rusland is op sy spoor.

Alper (Cemal Hunal en Abduraghma­an Adams)

Die arme Alper is Cihan se junior sakevennoo­t en hy lei ’n moeilike lewe onder Cihan se duim. Alper se familie was voorheen skatryk, maar ná ’n paar saketransa­ksies wat skeefgeloo­p het is hy nou brandarm. Hy wil Cihan uit sy geld verkul om weer sy voormalige status terug te kry.

Solmaz (Günes Emir en Leandre Valentyn)

Sy is Alper se vrou en het met hom getrou net vir sy geld sodat sy ’n gerieflike lewe kan lei. Met die geld wat opgedroog het, probeer sy haar man help om Cihan uit sy geld te verkul. Solmaz probeer moeilikhei­d maak tussen Cihan en Dilara omdat sy Cihan verantwoor­delik hou vir hul geldproble­me.

Özkan (Tolga Tekin en Pierre Nelson)

Gülseren se man is ’n voormalige tronkvoël wat tien jaar agter tralies was. Hy keer terug na sy vrou en dogter en maak hul lewe ’n nagmerrie. Özkan is ’n rokjagter wat nie twee keer sal dink om sy vrou te verneuk nie, en hy is geldgierig.

Keriman (Nursel Köse en Theresa Sedras)

Sy is ’n bywoner by haar skoonsuste­r Gülseren en is net soos Özkan agter geld aan. Keriman steel gereeld van die bietjie wat Gülseren maak, en soms ook van Özkan as hy die dag geld het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa