TV Plus (Afrikaans)

Die held kom weer 29 OKTOBER – 2 NOVEMBER

Salem is in die greep van ’n reeksmoord­enaar en ’n dodelike dwelmbaas – gelukkig daag iemand van durf en daad op.

-

Die liggaam van Serena (Melissa Archer) is op Dinsdag 23 Oktober in die Salem-park gekry. En op Donderdag 1 November word Paige Larson

( True O’Brien) dood aangetref in haar badkamer. Albei vroue is met ’n das verwurg, en dis duidelik ’n nuwe reeksmoord­enaar sluip in Salem rond. Maar gelukkig is daar hoop. Een van Salem se grootste helde, Steve (Patch) Johnson (Stephen Nichols), daag op Woensdag 24 Oktober by die University-hospitaal op, reg om te veg en te flirt. En wanneer Steve op die hoogte kom van wat hy alles gemis het sedert hy laas op skerm gesien is (2013 in SA), besef hy een ding. Daar is geen manier dat sy misdaadbes­trydervrie­nd Bo Brady (Peter Reckell) sy gesin die afgelope drie jaar aan hul eie lot sou oorlaat nie. En kan jy glo! Ons sien op Vrydag 2 November hoe Bo in ’n tronksel aangehou word, op ’n plek baie ver weg van Salem . . .

WEG MET ’N REDE

“In my eerste toneel, wanneer Patch uit die hyser klim en hy en sy vervreemde vrou, Kayla (Mary Beth Evans), mekaar aanstaar, is die band steeds daar. Sy is nie gereed om hom terug te neem nie, maar hy is hier om te bly,” sê Stephen. Wel, hy gaan weg, maar net vir ’n rukkie, en met goeie rede. “Hy en Bo was sedert hulle 16 was boesemvrie­nde. Hy weet Bo sou nooit sy geliefdes sommer net los nie, maar hy’s die enigste een wat dit glo. Dus is Patch vasbeslote om Bo op te spoor,” sê Stephen.

PLAT OP DIE AARDE

Bo sal beslis ’n helpende hand waardeer. Peter skerts oor sy eerste dag terug by Days: “Ek het op die vloer gelê en daar was sand in my gesig, en ek’s smerig en ek dink: ‘Voel of ek nooit weg was nie. Altyd vuil.’ Dis hoekom ek van Bo hou en dit geniet om hom te speel. En ek dink dis hoekom hy so baie mense geraak het, want hy is plat op die aarde. En in my eerste paar dae terug is dit presies wat ons sien.”

VERLEDE KEER

Sonny is Parys toe, Eve het onthul JJ werk onder die dekmantel as ’n DEA-informant, Xander is tronk toe, en Serena is vermoor.

24 – 26 OKTOBER

Stefano skop Chad uit die herehuis, en Rafe ondervra Chad oor Serena se moord. Steve en Joey keer na Salem terug, en Caroline sê vir Victor sy sien Bo in haar nagmerries. Aiden vra Hope die jawoord, en so ook John vir Marlena, en Ben stem in tot ’n Kerstroue met Abby. Abe word as Salem se nuwe burgemeest­er verkies, Clyde vermoor Kyle, en John en Marlena deel herinnerin­gs aan hul romanse. JJ sê vir Paige Clyde is die dwelmbaas, en Marlena stem in om met John te trou, maar sy het sekere voorwaarde­s. Steve waarsku Victor hy glo Bo is in die moeilikhei­d, en dit blyk Stefano is die een wat Aiden betaal om met Hope te trou. Hope dink terug aan haar lewe saam met Bo, en Bo droom van Hope in sy tronksel. JJ vind Paige dood in haar badkamer ná hy ’n dreigement kry, en bewyse verbind Paige se moord met die DiMera-herehuis.

5 – 6 NOVEMBER

John sê vir Brady en Marlena hy wil ondersoek instel na sy verlede. Kate, Nicole en Theresa oorweeg dit om vennote in Basic Black te word, en Adrienne los Lucas en sy en Justin wil aan hul huwelik werk.

 ??  ?? Die oogklap-man Steve gaan die soektog na Bo (inlas) lei.
Die oogklap-man Steve gaan die soektog na Bo (inlas) lei.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa