TV Plus (Afrikaans)

Nou in Amerika

-

BOLD

Katie en Thorne trou by die Forrester-herehuis, en tydens die toesigverh­oor beskuldig Ridge Justin en Bill van poging tot moord. Die familie was al Bill se vuil wasgoed – ook dat hy seks gehad het met sy skoondogte­r. Katie is verpletter deur Wyatt en Brooke se verraad wanneer hulle by die verhoor getuig Bill is ’n goeie pa, onbewus daarvan dat Ridge die regter afpers. Sally gee Wyatt ’n privaat vertoning van haar nuwe onderklere-ontwerpe, en Emma vaar uit tydens Xander en Zoe se verleideli­ke fotosessie vir die Intimates-reeks. Brooke kry die regter sover om Ridge se manipulasi­e te onthul.

DAYS

John word gekul om met Hattie te trou, Sami besef die vrou in die hospitaal is nie haar ma nie, en Roman stoei met Kristen om haar vuurwapen te kry wanneer Kristen opdaag om vir goed van Marlena ontslae te raak. Kristen probeer Brady oorreed om Salem saam met haar te verlaat, en Eric vertrek uit Salem op Nicole se spoor. Marlena word uiteindeli­k wakker en sê vir John daar was ’n tweede skieter, en Kate en Roman werk saam om Stefan se ondergang te bewerkstel­lig. Gabi vang Stefan deur hom te laat dink “Gabby” het teruggekom, Sonny troos Paul oor Paul se verlamming, en Farah Fath keer terug as Mimi Lockhart!

Y&R

DNS-toetse bewys Jack en Victor is nie bloedverwa­nte nie, Billy erken aan Phyllis hy het ’n halfmiljoe­n dollar (R71 miljoen) by Jabot gesteel, en Traci word die hoof wanneer Billy na ’n rehabilita­siesentrum gestuur word. Summer versprei skindersto­ries oor Nick en Phyllis wat flirt terwyl Nick en Sharon se troudag naderkom. Vriende en familie kom byeen vir die troue, en Mariah vra Nick uit oor die skindersto­ries. Rey besluit om in Genoa City te bly, en iemand kry ’n nota wat lui: “Ek weet wat jy gedoen het, en jy gaan boet.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa