TV Plus (Afrikaans)

Storievert­eller

Die musieklege­nde David Kramer nooi kykers na sy ateljee.

-

Wakkerslaa­p Seisoen 1 Woensdae VIA (*147) 21:00 (begin 31 Oktober)

Die man met die vellies, bokskitaar en hoed, David Kramer (67), maak eersdaags sy verskyning op TV in sy eie ses episode lange reeks, Wakkerslaa­p. Die program handel oor David se kreatiewe proses, van waar hy begin dig en skryf aan ses liedjies vir sy nuwe album, ook getiteld Wakkerslaa­p, tot dit in die ateljee opgeneem word en hy uiteindeli­k voor ’n gehoor optree. David vertel sy liefde vir musiek en poësie kom al van kleins af.

Waarom het jy ingestem om die reeks te verfilm?

Ek kom al ’n lang pad saam met die akteur Jody Abrahams (Lionel Foster in Arendsvlei, 2018-nou), wat die reeks vervaardig. Hy was in baie van my musiekprod­uksies (District Six, 1986 en Kat And The Kings, 1995), en toe hy en sy aktrisevro­u Diaan Lawrenson (Paula 2002-2016 in 7de Laan, 2000-nou) my nader om die reeks te maak het ek ingestem – veral nadat hulle vir my gewys het wat hulle voorheen met ’n soortgelyk­e reeks, Hilde Se Hartsklank­e (2016), met die aktrise en sangeres (Bonita

Hildegardt Whites

in 7de Laan) gedoen het. Ek het baie gehou van die prentjie wat hulle geskets het en geglo hulle sou iets soortgelyk­s met my reeks doen.

Watter soort musiek gaan jy opneem?

Ek sing hoofsaakli­k in Afrikaans en my musiekstyl is kenmerkend van David Kramer. As ek dit moet beskryf, sal dit ’n tipiese Suid-Afrikaanse folk rock- genre wees.

Waar kom jou liefde vir musiek vandaan?

Ek onthou in my kinderdae het oupa Kramer op sy konsertina getokkel en vir my my eie klein kitaartjie gegee wat ek leer speel het. Van daar af het my liefde vir musiek ontwikkel. As tiener het ek in poësie begin belangstel en my eie stories geskryf wat ek tot liedjies verwerk het.

Wat is jou raad vir mense wat by die musiekbedr­yf betrokke wil raak?

Moenie dit doen as jou hart nie ten volle daarin is nie. Dis ’n harde wêreld en dis moeilik om te oorleef as jy nie ’n oormaat passie en talent het nie.

Wat wil jy graag nog in jou leeftyd bereik?

In die stadium van my lewe is daar nie nog ’n groot doelwit wat ek wil bereik nie; ek het reeds so baie vermag. Wat ek wel hoop is dat my gesondheid sal hou en dat ek verder stories sal kan vertel, veral deur my musiek.

 ??  ?? Die sanger David Kramer in sy eerste dokkie.
Die sanger David Kramer in sy eerste dokkie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa